Ons Oktober Gesondheidsmaand het baie goed verloop. Ons deel graag ‘n paar foto’s van die gebeure. Een van ons kollegas was met ‘n kombuistee verras. Ons Direkteure is tydens Basedag bederf. Gedurende November is twee nuwelinge welkom geheet. Ons sien uit daarna om die Springbokke te ondersteun en om by ‘n skoenboksprojek betrokke te raak. Verder gaan Internasionele Rekenmeestersdag gevier word.
