Een van die voordele waarvoor werknemers by die Werkloosheidsversekeringsfonds (Unemployment Insurance Fund) kan aansoek doen is die siektevoordeel.
Wie kan eis:
- U moet ’n geregistreerde bydraer wees wat maandeliks WVF (of meer algemeen bekend as UIF) betaal.
- U moet vir langer as 14 aaneenlopende dae van die werk afwesig wees weens siekte of besering.
- U moet minder as u normale loon ontvang of met onbetaalde siekteverlof wees.
- U moet u eis binne 6 maande na die datum waarop u ophou werk het indien.
Dien u aansoek in as volg:
- Registreer op die UIF-aanlynstelsel: https://uifonline.labour.gov.za/uifOnline/
- Alternatiewelik kan die naaste Arbeidskantoor opgesoek word en die uitgedrukte dokumente van u volledige aansoek kan in persoon ingedien word: https://www.labour.gov.za/Contacts/Labour-centres/Pages/default.aspx
- U volledige aansoek kan per e-pos ingestuur word na Online.BCP@labour.gov.za
Vereiste dokumente vir die aanlyn aansoek:
- Voltooide UI-19 vorm met Kode 10 “Illness / Medically boarded” as rede by kolom H gelys en onderteken deur die werkgewer.
- ‘n “Salary schedule” voltooi deur u werkgewer.
- Voltooide UI-2.2 aansoekvorm, onderteken deur ’n dokter of mediese praktisyn.
- ’n Siektesertifikaat van u dokter of mediese praktisyn wat ook die rede vir u afwesigheid weens siekte staaf. Addisionele mediese verslae mag ook soos nodig vereis word.
Vereiste dokumente vir die aansoek in persoon of per e-pos:
- Voltooide UI-2.8 vorm wat deur u bank voltooi is om die besonderhede van u bankrekening te bevestig (slegs benodig indien u in persoon of per e-pos die aansoek indien).
- Voltooide UI-19 vorm met Kode 10 “Illness / Medically boarded” as rede by kolom H gelys en onderteken deur die werkgewer.
- ‘n “Salary schedule” voltooi deur u werkgewer.
- Voltooide UI-2.7 vorm, ingevul deur u werkgewer.
- ’n Skrywe op die briefhoof van u werkgewer wat die rede vir die aansoek vir die siektevoordeel staaf.
- Voltooide UI-2.2 aansoekvorm, onderteken deur ’n dokter of mediese praktisyn.
- ’n Siektesertifikaat van u dokter of mediese praktisyn wat ook die rede vir u afwesigheid weens siekte staaf. Addisionele mediese verslae mag ook soos nodig vereis word.
- ’n Gesertifiseerde afskrif van u geldige ID-kaart (voor en agter).
Kontak gerus vir Greer Jacobs met enige navrae of vir bystand in hierdie verband: greer@fhbc.co.za