3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM UIT ‘N BOEDEL

VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM UIT ‘N BOEDEL

2August 3, 2026August 4, 2026
By FHBCIn Estates and Trusts

Die verkoop of koop van onroerende eiendom uit ‘n oorlede boedel kan soms lank duur en neem gewoonlik langer om af te handel in vergelyking met ‘n ‘normale’ registrasie van oordrag.

Die volgende faktore moet in ag geneem word by die verkoping van eiendom wat deel vorm van ‘n boedel:

  • Slegs die eksekuteur kan ‘n mandaat aan ‘n eiendomsagent(e) uitreik om enige eiendom te bemark;
  • Die eksekuteur kan slegs ‘n verkoopooreenkoms aangaan sodra hulle in besit is van die Eksekuteursbrief wat deur die Meesterskantoor uitgereik is;
  • Alhoewel dit realisties tussen 3 weke tot 3 maande behoort te neem vir ‘n boedel om geregistreer te word en ‘n eksekuteur om dus formeel aangestel te word is daar om verskeie redes buite die beheer van eksekuteure vertragings wat daartoe lei dat dit 3 maande en selfs langer kan neem vir ‘n eksekuteur om aangestel te word;
  • Enige verkoopooreenkoms wat aangegaan is na sterfdatum en voor die uitreiking van die Eksekuteursbriewe deur die Meesterskantoor, is nietig en van geen krag nie, maar dit is belangrik om kennis te neem dat sterfte nie ‘n kontrak beëindig nie. Dit beteken gevolglik dat indien ‘n persoon voor sterfdatum ‘n verkoopooreenkoms sluit, is die koopkontrak afdwingbaar op die eksekuteur van die boedel, mits die koper uit eie keuse van voorneme is om nie voort te gaan met die transaksie nie;
  • Al die erfgename in die boedel moet skriftelike toestemming gee vir die verkoop van die onroerende eiendom;
  • Dan is die transaksie weer in die hande van die Meesterskantoor wat die volmag om transport te gee moet endosseer, m.a.w. goedkeuring moet verleen tot verkoping van die eiendom uit die boedel en weerens kan dit enige iets van 3 weke tot 3 maande en selfs langer duur;
  • Teen hierdie agtergrond is enige verkoopooreenkomste t.o.v. verkopings uit boedels onderhewig aan die volgende voorwaardes: “Skriftelike goedkeuring deur die erfgename en toestemming deur die Meester van die Hoë Hof”.

Die opbrengs van die verkoop van die onroerende eiendom word deur die oordragprokureurs in die oorledene se boedel se bankrekening inbetaal, wat deur die eksekuteur of agent wat namens die eksekuteur optree, geopen moet word.

Indien dit dus die behoefte is dat eiendom in die korttermyn verkoop sal word, maak dit uiteraard beter sin om eerder die eiendom uit die boedel te verkoop en sodoende ook die oordragskostes uit die boedel aan die erfgename te bespaar.

Indien die verkoping van die eiendom egter nie prioriteit is nie, is dit teen die agtergrond van vertragings met verkopings uit boedels nie noodwendig onwys om eerder die eiendom uit die boedel oor te dra nie (‘n redelike eenvoudige transaksie met minimale, indien enige, vertragings) en dan kan die erfgename rustig besin oor die verkoop van die eiendom, ten spyte van die oordragskostes wat uit die boedel betaalbaar was.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za of vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za.

PROVISIONAL TAX AT A GLANCEPERSONEELNUUS

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

Categories:

  • Accounting Services
    (19)
  • Administration and Secretarial Services
    (21)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (9)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (9)
  • Estates and Trusts
    (124)
  • Human Resource Management
    (32)
  • Legal
    (35)
  • Office and Personnel
    (133)
  • Payroll Processing and Administration
    (8)
  • Tax Compliance and Administration
    (110)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET WEST

  • Olive Grove Industrial Estate, Grove Business Park, Block H, Ground floor, Unit 2, Off Ou Paardevlei Road, The Interchange, 7310
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services