Die kollegas het wol ingesamel en geskenk aan die inwoners van Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes. Me Marlene Muller, as bestuurder, neem die skenking in ontvangs vanaf Amanda Swarts (Belastingbeampte).
Ons het van vyf kollegas (Chelsea Floris, Joe Lloyd, Kaylin Jordaan, Louise Bester en Pieter Malan) afskeid geneem. Ons weet dat hulle goed toegerus is om dit wat hulle hier tydens klerkskappe geleer het verder te gaan toepas in hulle loopbane. Ons beste wense vergesel hulle.
Op Woensdag 1 Julie het ons “Christmas in July” gehou. Al die kollegas het groen en rooi aangetrek om die Kersfeestema mooi uit te beeld. Ons het ‘n heerlike Kersfeesmaaltyd geniet, afgerond met malvapoeding en vla. Dankie aan Sunfield Homes wat vir ons die etes berei het. Die maaltyd was met heerlike “hot chocolate” afgeeïndig. Kersfees sal nie dieselfde wees sonder die voorreg om geskenkies uit te deel nie. Elke kollega het ook ‘n geskenkie ontvang.
Vanaf Vrydag 3 Julie het Bok-Vrydae begin waartydens die personeel groen en goud aantrek ter ondersteuning van die Springbokke se wedstryde die Saterdag.
Op Maandag 6 Julie het John Brink as B-BBEE Konsultant by die span van FHBC MAS (Pty) Ltd aangesluit.
Vanaf 6 tot 17 Julie akkommodeer ons 8 vakansiewerkers in die rekeningkundige spanne. Die persone was volgens ‘n sekere kriteria gekeur en hulle gaan ‘n meer gestruktureerde program volg. Ons het ook vakansiewerkers by die Sekretariële afdeling en die Menslikehulpbronafdeling geakkommodeer gedurende Junie en Julie. Ons volgende nuusbrief sal foto’s hiervan insluit.














