3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
U TESTAMENT EN KEUSE VAN EKSEKUTEUR HAAK BY MEKAAR AAN

U TESTAMENT EN KEUSE VAN EKSEKUTEUR HAAK BY MEKAAR AAN

1May 11, 2026May 11, 2026
By FHBCIn Estates and Trusts

Soos dit duidelik uit ons vorige artikel blyk, moet ’n Eksekuteur wys gekies word.

Om ‘n Testament op te stel of te laat opstel is ‘n stap in die regte rigting, maar dit is net so belangrik dat u Testament wetlik en prakties uitvoerbaar is, die verdeling van u bates korrek aangespreek word en u eksekuteur se interpretasie van u testament dus in lyn is met wat u bedoel het.

Dit is daarom belangrik dat die persoon of instansie wat u vertrou om u Testament op te stel oor die nodige kundigheid daarvoor beskik en vertroud is met die Wet op Testamente sowel as die Wet op die Administrasie van Boedels.

Indien hierdie persoon of instansie nie ook as u Eksekuteur of ten minste u Mede-Eksekuteur in u testament benoem word nie, is dit belangrik dat u genomineerde Eksekuteur vertroud sal wees met die inhoud van u testament en die voorafgaande gesprekke of kommunikasie sodat u testament gevolglik korrek geїnterpreteer word met die bereddering van u boedel.

Indien u genomineerde Eksekuteur nie bevoeg is om self die bereddering van u boedel te behartig nie en ’n professionele persoon of instansie aangewys moet word om dit onder volmag van die Eksekuteur te doen, sal U Eksekuteur dan ten minste die nodige insette met betrekking tot u testament kan gee sou daar twyfel oor die interpretasie ontstaan.

Die verdeling van bates sal in baie gevalle eenvoudig voorkom terwyl dit vir ander individue weens omstandighede met familie, bv. ‘n tweede huwelik en/of kinders uit ‘n eerste en tweede huwelik, ‘n baie gekompliseerde oefening kan word.

Hoe meer ingewikkeld persoonlike omstandighede word, hoe meer scenarios kan ontstaan waar die bedoeling rondom vererwing nie duidelik is nie of nie korrek geїnterpreteer word deur die persoon of instansie wat u vertrou om u testament op te stel of boedel te beredder nie.

Dit gebeur gereeld dat die omskrywing rondom die toekenning van ‘n spesifieke bate so omslagtig is dat dit eerder ruimte laat vir verkeerde interpretasies.

Daar ontstaan ook dikwels wrywing tussen familielede omdat die aanspreeklikheid vir administrasiekoste nie geskied volgens die bedoeling van die oorledene nie.

Een van vele voorbeelde hiervan is waar persoon X te sterwe kom, sy woonhuis aan sy seun uit ‘n eerste huwelik bemaak en die restant van sy boedel aan sy tweede vrou.

Die Testateur (oorledene) verkeer onder die verkeerde indruk dat sy seun ‘n gedeelte van die boedel se administrasiekostes sal dra, maar omdat hy dit nie spesifiek in sy testament versoek het nie, sal sy seun die eiendom as legaat erf en sal alle administrasiekoste wat daarmee gepaard gaan (soos bv. eksekuteursvergoeding, kapitaalwinsbelasting en oordragskoste) teen die boedel verhaal word. Dit sal beteken dat hierdie kostes na regte uit die restant van die boedel, m.a.w. teen die tweede vrou se erfenis, gehef word. Dit kan verhoed word indien die testament bepaal dat die eiendom aan die seun vererf, onderhewig daaraan dat enige kapitaalwinsbelasting en oordragkostes deur hom betaalbaar sal wees of teen sy erfenis verhaal moet word.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za en Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za.

 

ARTIFICIAL INTELLIGENCE (AI) AND THE ACCOUNTANT OF THE FUTUREPERSONEELNUUS

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

Categories:

  • Accounting Services
    (18)
  • Administration and Secretarial Services
    (21)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (9)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (121)
  • Human Resource Management
    (32)
  • Legal
    (35)
  • Office and Personnel
    (130)
  • Payroll Processing and Administration
    (7)
  • Tax Compliance and Administration
    (106)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET WEST

  • Olive Grove Industrial Estate, Grove Business Park, Block H, Ground floor, Unit 2, Off Ou Paardevlei Road, The Interchange, 7310
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services