4 en 11 Februarie het ons deelgeneem aan Wellington Rolbalklub se jaarlikse besigheidsliga. Weerens was die reëlings goed en ons het die geleentheid om te kon deelneem baie geniet.

Op 13 Februarie het die personeel ter viering van Valentynsdag ‘n bederfie ontvang.


Maandag 2 Maart het ons vir Alyssa van der Merwe (Menslikehulpbronbeampte), Joe Lloyd (Rekeningkundige klerk) en Gerrit le Roux (Skills Development Facilitator) welkom geheet as deel van die span.
Direkteur, Jacobus Maree, neem weer deel aan die ABSA Cape Epic MTB fietsresies wat 15 tot 22 Maart 2026 plaasvind. As deel van hulle voorbereiding het hulle o.a. reeds die MTB resiese van Attakwas, Tankwa Trek en Rhodes Winelands suksesvol voltooi. Alle voorspoed word Jacobus en sy spanmaat toegewens.

