3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN ‘N VRUGGEBRUIKER EN BLOOTEIENAAR EN WAT BEHELS HULLE VERANTWOORDELIKHEDE?

WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN ‘N VRUGGEBRUIKER EN BLOOTEIENAAR EN WAT BEHELS HULLE VERANTWOORDELIKHEDE?

1March 27, 2025March 27, 2025
By FHBCIn Estates and Trusts

Indien ‘n persoon ‘n bate in sy Testament aan iemand vererf onderhewig daaraan dat iemand anders ‘n vruggebruik oor die bemaking geniet, word die betrokke partye soos volg onderskei:

  • Die persoon aan wie die bate toegeken word en wat uiteindelik eienaarskap van die bate verkry staan bekend as die blooteienaar.
  • Die persoon aan wie die beperkte reg (vruggebruik) verleen word, staan bekend as die vruggebruiker.

Die blooteienaar verkry normaalweg eienaarskap van die bate nadat die vruggebruiker te sterwe gekom het, maar in sommige gevalle kan die vruggebruik ook vir ‘n bepaalde termyn geskep word en na verstryking van die termyn verkry die blooteienaar dan eienaarskap.

Hier volg twee voorbeelde van hoe vruggebruike normaalweg in Testamente omskryf word:

  • Ek bemaak my Onroerende Plaaseiendom, bekend as Putsonderwater aan my seun, Klein Jannie, onderhewig aan die voorwaarde dat my eggenote, Kwaai Sannie, ‘n lewenslange vruggebruik sal geniet ten opsigte van die betrokke eiendom, vry van die verpligting om sekuriteit te verskaf vir die behoorlike nakoming van die verpligtinge ingevolge die reg aan haar verleen;
  • Ek bemaak my Onroerende Plaaseiendom, bekend as Putsonderwater aan my seun, Klein Jannie, onderhewig aan die voorwaarde dat my eggenote, Kwaai Sannie, ‘n vruggebruik van 10 (tien) jaar sal geniet, vry van die verpligting om sekuriteit te verskaf vir die behoorlike nakoming van die verpligtinge ingevolge die reg aan haar verleen.

In die voorbeelde hierbo is Klein Jannie dan die blooteienaar en Kwaai Sannie die vruggebruikster.  Daar ontstaan egter baie onsekerheid en natuurlik ook wrywing oor wat nou die verpligtinge en verantwoordelikhede van die vruggebruiker en blooteienaar onderskeidelik is.

Die Testateur kan uiteraard ook Testamentêr bepaal watter verantwoordelikhede deur die vruggebruiker en blooteienaar onderskeidelik nagekom behoort te word, maar indien daar geen duidelike voorskrifte hieroor bestaan nie, is die algemene toepassing soos volg:

  • Die vruggebruiker is verantwoordelik vir die algemene instandhouding van die eiendom, maar is nie verplig om enige gebreke wat ontstaan weens normale slytasie of bv. skade weens vloed- of haelstorms uit eie fondse te vereffen nie;
  • Die vruggebruiker is verder verantwoordelik vir alle eiendomsbelastings en dienste, maar nie die versekeringspremies t.o.v. die geboue en/of inhoud nie;
  • Dit is ook belangrik om kennis te neem dat ‘n vruggebruiker nie geregtig is om enige verbeteringe wat hy/sy aan die eiendom aanbring van die blooteienaar terug te eis nie;

Die vruggebruiker sal wel by magte wees om sodanige verbeteringe weer te verwyder, mits die eiendom in dieselfde toestand gelaat word as toe die vruggebruik gevestig het en voordat die verbeteringe aangebring was.

Dit is dus belangrik dat ‘n vruggebruik en die verantwoordelikhede wat op die vruggebruiker en blooteienaar gaan rus, deeglik oorweeg word alvorens ‘n vruggebruik in ‘n Testament geskep word, bloot omdat dit sekere boedelbelasting- of ander belasting-voordele vir die boedel en gevolglik die erfgename mag inhou.

Ons gaan in ‘n volgende artikel gaan kyk na die uitbetaling van kontantfondse wat onderhewig is aan ‘n vruggebruik en wat die risiko’s/verantwoordelikhede rondom die uitbetaling van sodanige fondse vir die vruggebruikers en blooteienaars kan wees.

Kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za of Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za met enige navrae.

MEMORANDUM OF INCORPORATION VS SHAREHOLDERS’ AGREEMENTPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services