3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
10 BTW WENKE VIR U BESIGHEID

10 BTW WENKE VIR U BESIGHEID

1September 9, 2024September 9, 2024
By FHBCIn Tax Compliance and Administration

Maak van die volgende 10 wenke gebruik om u te help met Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW hierna) voldoening, asook om u BTW aanspreeklikheid aan die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens (SAID) wettiglik te verlaag:

Wenk 1: Maak seker u is vir BTW geregistreer

ʼn Besigheid (hetsy ʼn eenmansaak, maatskappy, trust, ens.) moet binne 21 dae vir BTW registreer, waar BTW draende lewerings R1 miljoen oorskry in enige 12 maande periode of daar verwag word dat dit hierdie perk in enige 12 maande periode sal oorskry.  Registrasie vind plaas met behulp van die VAT101 vorm wat by die SAID ingedien word.

Wenk 2: Inset BTW is eisbaar op sekere motorvoertuig uitgawes

Alhoewel ʼn BTW inset nie beskikbaar is wanneer ʼn motorvoertuig (soos gedefinieer) deur ʼn BTW geregistreerde onderneming aangekoop word nie, kan die BTW op sekere uitgawes wat verband hou met die motorvoertuig wel geëis word mits die besigheid in besit is van geldige BTW faktuur.  Uitgawes waarop BTW geëis kan word sluit in olie, herstelwerk, bande, versekeringspremies en tolgelde.  BTW kan egter nie geëis word op boetes, lisensies, petrol of diesel nie.

Wenk 3: Residensiële huur is vrygestel vir BTW doeleindes

Die lewering van residensiële huur is ʼn vrygestelde lewering.  As u besigheid se inkomste slegs bestaan uit huurinkomste wat voortspruit uit die verhuring van residensiële behuising, is dit nie nodig om vir BTW te registreer nie, ongeag die kwantum van die inkomste.

Wenk 4: BTW fakture bo R5,000 moet aan sekere vereistes voldoen

Vir lewerings bo R5,000 moet ʼn volle BTW faktuur uitgemaak word waarop die volgende inligting verskyn:  die woorde “belastingfaktuur”, “BTW faktuur” of “faktuur” op ʼn prominente plek, die naam, adres en BTW registrasienommer van die kliënt en die verskaffer, ʼn unieke reeksnommer, die datum, ʼn volle beskrywing van die produk en/of diens, die hoeveelheid of volume produk of diens wat verskaf word, die waarde van die lewering, hoeveelheid BTW wat gehef word en vergoeding vir die lewering of die vergoeding vir die lewering en die bedrag BTW gehef.  Waardes moet in Rand op die faktuur verskyn.  Vir lewerings onder R5,000 kan ʼn verkorte belastingfaktuur uitgemaak word.

Wenk 5: Kwotasies moet BTW insluit

As u onderneming vir BTW geregistreer is, moet alle kwotasies sowel as advertensies BTW insluit, ongeag of ʼn standaard of nul BTW koers van toepassing is op die spesifieke produk of diens.

Wenk 6: Inset BTW kan geëis word al het u nog nie fisies betaal nie

Meeste besighede word vandag op die faktuurbasis geregistreer vir BTW doeleindes.  Indien u besigheid op hierdie basis geregistreer is, mag u die BTW inset eis as u in besit is van ʼn geldige belastingfaktuur, selfs al is die faktuur nog nie deur u besigheid betaal nie.

Wenk 7: BTW kan op slegte skulde teruggeëis word 

Die BTW op slegte skulde wat afgeskryf word kan teruggeëis word, mits daar BTW op die verkooptransaksie verantwoord is toe dit aanvanklik plaasgevind het.  Maak egter seker dat die oninbare skulde eers werklik afgeskryf word, voordat die inset BTW daarop geëis word, aangesien ʼn inset nie op ʼn voorsiening vir slegte skulde geëis mag word nie.

Wenk 8: Eis ʼn BTW inset op die aankoop van ʼn 2de-handse gebou

Indien u besigheid ʼn tweedehandse gebou aankoop van ʼn onderneming wat nie vir BTW geregistreer is en die gebou gaan gebruik om belasbare BTW lewerings te maak, is ʼn geagte BTW inset beskikbaar.  Die geagte inset word bereken deur die kleinste van die koste of die markwaarde van die gebou te neem en dit te maal met die BTW belasting breukdeel van 15/115.  Indien die gebou slegs gedeeltelik gebruik gaan word vir belasbare lewerings, moet die inset beperk word tot die verhouding van belasbare lewerings tot totale lewerings in u besigheid.

Wenk 9: Inset BTW kan vir 5 jaar terugwaarts geëis word

Maak seker u besigheid eis alle BTW insette wat volgens die Wet beskikbaar is binne ʼn 5 jaar periode, om sodoende u BTW aanspreeklikheid tot ʼn minimum te beperk of u BTW terugbetaling te maksimeer.  Verseker ook dat u nog in besit is van die BTW faktuur om u eis te staaf.  Na 5 jaar verval alle BTW insette wat nog nie geëis is nie.

Wenk 10: BTW insette en besigheidsreise

Werknemers wat op besigheidsreise gaan moet ten minste een aand weg van die huis en werksplek spandeer vir werksdoeleindes, voordat ʼn inset BTW geëis kan word op maaltye wat gedurende die tyd genuttig is deur die werknemer.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Petri Westraadt by pwestraadt@fhbc.co.za

ANNUAL EMPLOYMENT EQUITY – PLEASE TAKE NOTE‘N VRUGGEBRUIK OP SY BESTE

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (5)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (109)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (117)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (96)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services