3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
WAT IS BOEDELONTLEDING EN WAAROM IS DIT BELANGRIK

WAT IS BOEDELONTLEDING EN WAAROM IS DIT BELANGRIK

1August 4, 2025August 4, 2025
By FHBCIn Estates and Trusts

Die primêre doelwit van boedelbeplanning is om ‘n koste-effektiewe plan te skep wat ooreenstem met wat ‘n kliënt by sy afsterwe wil bereik.

‘n Totale prentjie van die kliënt se persoonlike omstandighede moet in ag geneem word wanneer ‘n plan oorweeg word wat relevant is vir die kliënt.

‘n Boedelplan moet gesien word as ‘n plan wat voorsiening maak vir die behoeftes van die kliënt terwyl daardie persoon leef, asook voorsiening maak vir die behoeftes van diegene wat hulle wil bevoordeel by hul dood.

Die belangrikste is dat ‘n boedelplan prakties en uitvoerbaar moet wees.  Die praktiese uitvoerbaarheid moet altyd die oorheersende riglyn in enige plan wees, of boedelbelasting, inkomstebelasting en/of kapitaalwinste nou geminimaliseer word of nie.

‘n Boedelplan het sekere doelwitte en aangesien die doelwitte te veel is om in een artikel aan te spreek, sal ons die basiese doelwitte in twee artikels dek.

Die belangrikste doelwitte met ‘n kort opsomming van elk is soos volg:

  1. Kommersiële gesondheid:  Die plan moet ‘n strategie insluit om die groei en beskerming van ‘n kliënt se bates te verseker.  ‘n Evaluering moet gedoen word om te bepaal of ‘n kliënt se bates in ‘n wettige entiteit gehou word wat voldoende beskerming bied.  Die gebruik van ‘n trust kan byvoorbeeld batebeskerming teen skuldeisers bied.
  2. Likiditeit: Die plan moet die inkomstebehoeftes van die kliënt en die kliënt se afhanklikes en begunstigdes identifiseer en daarvoor voorsiening maak.  Uitgawes met betrekking tot ‘n kliënt en die kliënt se bates moet vasgestel en daarvoor begroot word.  Toepaslike versekeringspolisse en ander beleggingsprodukte kan die nodige likiditeit verskaf.  ‘n Assessering en berekening moet gedoen word om te bepaal of ‘n kliënt se boedel voldoende kontant sal hê om laste wat voortspruit weens afsterwe, soos kapitaalwinsbelasting, boedelbelasting en administrasiekoste te kan betaal.  Dit is baie belangrik om daarop te let dat boedelbeplanning nie bloot boedelbelastingbeplanning is nie, aangesien boedelbelasting slegs een van die laste is waarvoor voorsiening gemaak moet word by dood.
  3. Buigsaamheid:  Die plan moet ook in staat wees om aan te pas by veranderde omstandighede.  Die behoefte, bates, laste, huwelikstatus, afhanklikes, ens. van ‘n kliënt moet voortdurend geëvalueer word om seker te maak dat die boedelplan aangepas kan word by die verandering in persoonlike omstandighede en moet nooit so onbuigsaam wees dat die nuutste behoeftes, wense en persoonlike omstandighede van ‘n kliënt nie in so ‘n plan ingesluit kan word nie.
  4. Boedelbelasting: Gehef teen ‘n koers van 20% van die belasbare bedrag van ‘n boedel wat nie R30 000 000-00 oorskry nie en 25% van ‘n boedel wat R30 000 000-00 oorskry. By die berekening van hierdie bedrag is daar ‘n toelaatbare korting van R3.5 miljoen.  Alle bates wat nie deel van die belasbare boedel hoef te vorm nie, moet as deel van hierdie boedelbeplanningsproses oorweeg word, en alle aftrekkings wat ingevolge die Boedelbelastingwet toegelaat word, moet ten volle gebruik word. Die verandering aan die Artikel 4A-korting wat spesifiseer dat die ongebruikte gedeelte van die Artikel 4A-korting in die boedel van die eerssterwende in die boedel van die oorlewende gade benut kan word, het die gevolg dat dit deeglik oorweeg moet word of strukture met vruggebruike en testamentêre trust of trusts geskep moet word, bloot om boedelbelasting tussen gades te verminder.
  5. Kapitaalwinsbelasting:  Gehef teen ‘n insluitingskoers van 40% en dus teen ‘n maksimum effektiewe koers van 18% by afsterwe, aangesien sterfte as ‘n geagte vervreemding van bates beskou word. By afsterwe word ‘n persoon dus geag om sy/haar bates teen markwaarde te verkoop.  Die beskikking is aan die oorledene se boedel en is teen die markwaarde van daardie bates ten tyde van afsterwe.  Dit is duidelik dat enige boedelplan die potensiële aanspreeklikheid vir kapitaalwinsbelasting wat by afsterwe kan ontstaan, in ag moet neem.

Ons sal in ‘n volgende artikel na die verdere doelwitte van ‘n boedelontleding gaan kyk en ook ‘n paar moontlike opsies om boedelbelasting te verminder bespreek.

Kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za of vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za met enige navrae.

UNDERSTANDING PROVISIONAL TAX IN SOUTH AFRICAPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (113)
  • Human Resource Management
    (29)
  • Legal
    (33)
  • Office and Personnel
    (121)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (100)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services