3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
BRABBELTAAL MET BOEDELBEPLANNING

BRABBELTAAL MET BOEDELBEPLANNING

0February 10, 2023February 10, 2023
By FHBCIn Estates and Trusts

Ons het dit goedgedink om so bietjie uit te brei op die definisies van sekere algemene terme wat met boedelbeplanning gebruik word.

Testateur/Testatrise

Die testateur/testatrise is die persoon vir wie ‘n testament opgestel word.  Enigeen wat minstens 16 jaar oud is mag ‘n testament opstel mits hy/sy verstandelik in staat is om die aard en gevolge van sy/haar handeling te begryp en die getuies moet persone bo die ouderdom van 14 jaar wees, wie ten tye daarvan bevoeg was om getuienis in die hof te lewer.

Boedel

‘n Persoon se boedel word opgemaak uit alle bates en laste.

Restant

Die restant van ‘n boedel is die bedrag of bates nadat alle laste vereffen en legatarisse hul erfenis ontvang het.

Erfgename / Legate

‘n Prelegataris ontvang voorkeur bo ‘n legataris en ‘n legataris ontvang voorkeur bo die vererwing van die restant van die boedel deur ‘n erfgenaam.

‘n Legataris ontvang ‘n spesifieke bemaking van ‘n spesifieke bate of som geld.

‘n Erfgenaam van ‘n boedel erf slegs na alle administrasiekoste, laste en legatarisse betaal is.

‘n Nalatenskap word dus aan ‘n legataris betaal voordat ‘n erfgenaam die restant kan vererf.  Indien al die bates van ‘n boedel aan legatarisse bemaak word, sal daar geen restant wees vir vererwing aan erfgename nie.

Hierdie onderskeid tussen legatarisse en erfgename is net van toepassing op testamentêre bemakings aangesien almal wat erf in terme van die Wet op Intestate Erfopvolging van 1987, erfgename is.

Adiasie / Repudiasie (by samesmelting)

Adiasie en repudiasie is begrippe wat gewoonlik geassosieer word met die samesmelting van die boedels van twee persone.  Wanneer ‘n testament voorsiening maak vir samesmelting of gedeeltelike samesmelting, het die langslewende die keuse om die bepalings van die testament te aanvaar (adiasie) of te verwerp (repudiasie).  Met aanvaarding, aanvaar die langslewende die bepalings van die Testament en stem toe tot die samesmelting van sy/haar belang in ‘n bate(s) met die eerssterwende se bates.

Blooteienaarskap / Vruggebruik

Die persoon aan wie die bate(s) toegeken word en wat uiteindelik eienaarskap van die bate(s) verkry staan bekend as die blooteienaar en die persoon aan wie die beperkte reg (vruggebruik) verleen word, staan bekend as die vruggebruiker.  Die blooteienaar verkry normaalweg eienaarskap van die bate(s) nadat die vruggebruiker te sterwe gekom het, maar in sommige gevalle kan die vruggebruik ook vir ‘n bepaalde termyn geskep word en na verstryking van die termyn verkry die blooteienaar dan eienaarskap.

Fidusiêre belang / Fideicommissum

‘n Fidusiêre belang is die belang wat ‘n fiduciarius in ‘n bate verkry.  Dis nie dieselfde as vol eienaarskap nie, want die fidusiêre belang het beperkte regte.

‘n Fideicommissum is wanneer eiendom aan ‘n persoon (die fiduciarius) bemaak word onderworpe aan die las dat die volle eiendomsreg aan ‘n fideicommissarius oorgaan by die aanbreek van ‘n bepaalde tydstip (soos bv op datum van afsterwe van die fiduciarius) of by die vervulling van ‘n bepaalde voorwaarde.

‘n Fideicommissum residui is wanneer eiendom aan ‘n persoon (die fiduciarius) bemaak word onderhewig daaraan dat dit wat daarvan oorbly by die fiduciarius se dood, op ‘n ander persoon moet oorgaan.

Trust

Die reëling waardeur die eienaarskap van eiendom deur middel van ‘n testament/trustdokument aan ‘n ander persoon of persone, naamlik die Trustee(s), in die geheel of gedeeltelik oorgemaak word om geadministreer te word tot voordeel van die begunstigdes, of aan die begunstigdes oorgemaak word terwyl die eiendom onder die beheer van die Trustees geplaas word om tot voordeel van die begunstigdes te administreer.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za.

NAMIBIAN NEWS: INCREASE IN DEDUCTIBLE CONTRIBUTIONS TO PENSION OR ANNUITIES; AND TAX COLLECTIONS VIA THIRD PARTY AGENTSPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services