3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
INTERESSANTE FEITE VAN ‘N TESTAMENT

INTERESSANTE FEITE VAN ‘N TESTAMENT

2December 20, 2022December 20, 2022
By FHBCIn Estates and Trusts

Die geldigheid van ‘n testament is natuurlik net so belangrik as die noodsaaklikheid daarvoor.

Indien ‘n testament, wat op skrif moet wees, nie aan die formaliteite soos bepaal deur artikel 2(1) van die Wet op Testamente voldoen nie, sal die boedel van die oorledene in terme van die Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987 verdeel moet word, wat ernstige gevolge kan hê.

Hier volg ‘n paar van die formaliteite waarvan u asb moet kennis neem:

Ouderdomme/Bevoegdheid

Enigeen wat minstens 16 jaar oud is mag ‘n testament opstel mits hy/sy verstandelik in staat is om die aard en gevolge van sy/haar handeling te begryp en die getuies moet persone bo die ouderdom van 14 jaar wees, wie ten tye daarvan bevoeg was om getuienis in die hof te lewer.

Ondertekening van ‘n testament

Die testament moet op elke bladsy en aan die einde daarvan, in die teenwoordigheid van twee bevoegde getuies, met ‘n handtekening (of paraaf) onderteken word deur die testateur.  Alhoewel die Wet slegs vereis dat die getuies die testament aan die einde daarvan onderteken, is dit goeie praktyk dat die getuies ook op elke bladsy van die testament saam met die testateur teken.  Die getuies getuig slegs ten opsigte van die handtekening van die testateur.

Indien die testateur die testament by wyse van ‘n merk (soos byvoorbeeld ‘n kruis of duimafdruk) onderteken of iemand anders namens die testateur in sy/haar teenwoordigheid en op sy/haar instruksie die testament onderteken, moet dit in die teenwoordigheid van ‘n Kommissaris van Ede gedoen word.  Die Kommissaris van Ede moet die testateur behoorlik identifiseer en op elke bladsy van die testament onderteken en sertifiseer dat dit die testament van die testateur is.

Persone wat nie ‘n voordeel uit ‘n testament mag ontvang nie:

  • Enige persoon wat ‘n testament as getuie onderteken (behalwe as twee verdere getuies geteken het);
  • Enige persoon wat ‘n testament onderteken;
  • Enige persoon wat ‘n testament of deel daarvan namens die testateur skryf;
  • Die gade van enige van die bogenoemde persone.

Egskeiding/Nietigverklaring

Die Wysigingswet tot Wysiging van die Erfreg 43 van 1992, gee aan ‘n persoon drie maande na ‘n egskeiding om sy/haar testament te verander sodat sy vorige gade (van wie hy/sy geskei is) nie erf nie asof hy/sy voor hom/haar te sterwe gekom het.  Indien hy/sy na drie maande nie sy/haar testament verander het nie, sal dit aanvaar word dat dit sy/haar bedoeling was dat sy/haar vorige gade moet erf indien wel in die testament as erfgenaam benoem.

Herroeping/Kansellasie van vorige testamente

U laaste testament moet alle vorige testamente, kodisille en ander testamentêre geskrifte wat u afsonderlik of gesamentlik voor die datum van u laaste testament verly het, herroep en kanselleer, anderins word u laaste testament saamgelees met u vorige testament(e).

Dit is egter belangrik dat u laaste testament aan al die formaliteite van ‘n geldige testament voldoen vir die herroepingsklousule om geldig te wees.

Oorspronklik getekende testament

Maak seker dat u oorspronklike getekende testament veilig bewaar word deur ‘n betroubare persoon of instansie, aangesien ‘n afskrif van ‘n testament nie as ‘n geldige testament beskou word nie en ‘n afskrif daarvan slegs deur middel van ‘n hofaansoek bekragtig kan word.  U kan ook meer as een oorspronklik getekende kopie van die oorspronklike testament hê.

Artikel 2(3) van die Wet op Testamente 7 van 1953 gee aan die hof die bevoegdheid om die Meester van die Hooggeregshof te gelas om ’n testament wat nie aan al die formaliteite, soos bepaal in artikel 2(1), voldoen nie, as ’n geldige testament te aanvaar, maar verwys nie na die testeerbevoegdheid van die oorledene nie.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za.

TAX EMIGRATION – UNDERSTANDING WHEN AND HOW?PERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services