3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
WAT BY U AFSTERWE IN ORDE MOET WEES

WAT BY U AFSTERWE IN ORDE MOET WEES

1April 8, 2022April 8, 2022
By FHBCIn Estates and Trusts

Ons dink dalk nie genoeg aan wat alles in orde en bymekaar moet wees by ons afsterwe nie.

Boonop het ons naasbestaandes selde insae in ons persoonlike dokumente en maak hulle staat op die toeganklikheid en beskikbaarheid daarvan wanneer ons nie meer self daar is om dit uit te wys of vir onsself te praat nie.

Dit is dus belangrik dat u ‘n vertroueling aanwys wat weet waar u persoonlike dokumente gehou word sodat die nodige reëlings na afloop van u afsterwe getref kan word.

Die belangrikste dokumente is sekerlik u testament, ‘n moontlike lewende wilsverklaring en wensbrief, wat enige onduidelikheid met betrekking tot ‘n onherstelbare siektetoestand, begrafnisreëlings, verassing, orgaanskenking, handeling met persoonlike en huishoudelike items, ens. aanspreek.

U genomineerde eksekuteur sal ook in u testament geïdentifiseer kan word en indien u eksekuteur nie self kan toesien tot die bereddering van u boedel nie, kan u eksekuteur ‘n agent wat bevoeg is om u boedel te beredder aanstel sodat die nodige gedoen kan word.

Dokumente wat nodig sal wees om u boedel te beredder is onder andere die volgende:

  • U geldige, oorspronklik getekende testament en indien van toepassing, u lewende wilsverklaring en wensbrief;
  • U oorspronklike ID dokument, huweliksertifikaat en indien van toepassing, u huweliksvoorwaardekontrak;
  • Egskeidingsbevel en ooreenkoms indien van toepassing;
  • Boedelbesonderhede van enige vooroorlede gades;
  • Oorspronklike titelakte van elk van u vaste eiendomme waaroor daar nie verbande geregistreer is nie of waaroor die verbande in die Aktekantoor gekanselleer is;
  • Oorspronklike motorvoertuigsertifikate indien daar geen huurkoop finansiering is nie;
  • Oorspronklike vuurwapenlisensies;
  • Oorspronklike aandeelsertifikate;
  • Polis- en beleggingskedules, asook besonderhede van u bankrekeninge;
  • Inkomstestate, huurkontrakte en moontlike finansiële state;
  • Munisipale rekening(e) en besonderhede van alle skuldooreenkomste;
  • U inkomstebelastingnommer en besonderhede van die persoon of instansie wat u SARS aangeleenthede hanteer;
  • Enige ander inligting wat u eksekuteur/boedelberedderaar moet weet.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za.

WHAT TO KNOW ABOUT THE TAX ADMINISTRATION BURDEN AFTER THE DEATH OF YOUR LOVED ONEPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (110)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (118)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (97)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services