3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
VOORDELE EN NADELE VAN TRUSTS

VOORDELE EN NADELE VAN TRUSTS

3February 22, 2022February 22, 2022
By FHBCIn Estates and Trusts

Trusts hou verskeie voordele, maar ongelukkig ook nadele in.  Alhoewel ons artikel waarskynlik nie ‘n volledige samevatting van alle voordele en nadele lys nie, deel ons graag ons ondervinding van die vernaamste voor- en nadele by die oorweging van ‘n Trust met u.

Voordele:

  • Groei wat in die trustbates plaasvind, vestig in die Trust en nie in u persoonlike boedel nie;
  • Deur die bates aan die Trust te verkoop, sal die bedrag wat deur die Trust aan u verskuldig is, uitstaande op die leningsrekening bly en sal dit as ‘n bate in u boedel beskou word.  Hierdie bedrag kan egter vir boedelbelastingdoeleindes verminder word deur die jaarlikse skenkingsbelastingvrystelling van R100 000 te benut;
  • ‘n Trust bied beskerming teen probleme indien u verstandelik onbevoeg raak.  Dit kan dit ook onnodig maak om ‘n kurator aan te stel om u finansiële sake te hanteer;
  • ‘n Trust bly vertroulik, anders as dokumente soos testamente en rekords van bestorwe boedels wat openbare dokumente is en oop is aan die publiek ter insae;
  • ‘n Trust kan finansiële beskerming aan gestremde afhanklikes, spandabelrige kinders of begunstigdes met spesiale behoeftes bied;
  • ‘n Trust kan die koste van die administrasie van opeenvolgende boedels omseil deur voorsiening vir opeenvolgende begunstigdes te maak;
  • ‘n Trust kan die emosionele stres op u gesin verminder wanneer u sterf, aangesien die Trust sal voortgaan sonder enige van die formaliteite wat by ‘n bestorwe boedel vereis word;
  • Deur u Trustees verstandig te kies, kan u professionele bate- en beleggingsbestuur verseker;
  • Die Trust sal u in staat stel om, via die Trustees, na u dood ‘n mate van beheer oor die bates in die Trust te behou;
  • Na u dood en voordat u boedel afgehandel is, kan die Trust ‘n bron van inkomste aan u afhanklike(s) voorsien;
  • U sal verhoed dat u minderjarige kind(ers) se erfenis in die Voogdyfonds geplaas word;
  • U sal die probleme vermy om bates te moet verdeel ten einde ‘n gelyke uitkering aan die erfgename te doen;
  • Trustinkomste kan na die stigter se dood onder die begunstigdes met laer belastingkategorieë verdeel word wanneer individuele vrystellings aangewend kan word, maar alle belasbare inkomste wat in die Trust behou word, sal sonder enige vrystellingsvoordele teen die marginale koers belas word;
  • Inkomstevlakke kan na goeddunke van die Trustees saam met die veranderende behoeftes van die begunstigdes gevarieer word;
  • Omdat die bates die eiendom van die Trust bly, en nie van die begunstigdes nie, hoef hulle ook nie die bates as deel van hulle boedels in te reken wanneer hulle sterf nie, wat ‘n besparing in boedelbelasting tot gevolg het;
  • Die trustbates sal om dieselfde rede teen krediteure beskerm wees.

Nadele:

  • U het nie meer algehele beheer oor u bates nie, aangesien die ander Trustees ook ‘n sê sal hê;
  • ‘n Trust word geregistreer en die owerhede kan toegang daartoe verkry;
  • Veranderinge in Wetgewing bepaal dat lenings wat deur u Trust aan u verskuldig mag wees, nie meer rentevry kan wees nie en indien geen rente op sodanige leningsrekeninge verklaar word nie, kan SARS u aanslaan of u wel rente op die lening ontvang het;
  • U kan moontlik die verkeerde Trustees kies.  Daar kan probleme ontstaan indien hulle wedywerende erfgename is.  Dit is hoekom dit so belangrik is dat u minstens een onafhanklike Trustee moet hê.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za of Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za

ENERGIE PRESTASIE SERTIFIKATE VIR SEKERE GEBOUE EERSDAAGS VERPLIGTENDPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services