3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
DIE TESTAMENT VAN ‘N BOER

DIE TESTAMENT VAN ‘N BOER

7June 8, 2021June 8, 2021
By FHBCIn Estates and Trusts

Die eienaarskap van landbougrond word gereguleer deur die Wet op Onderverdeling van Landbougrond, 1970 (Wet 70 van 1970).

Dit is belangrik dat die toekomstige eienaarskap van u plaas tydens u boedelbeplanning oorweeg word in die lig daarvan dat die bogenoemde Wet bepaal dat geen persoon ‘n onverdeelde aandeel in landbougrond mag besit sonder die nodige toestemming van die betrokke Minister nie, welke toestemming slegs in uitsonderlike gevalle toegestaan mag word.

Indien u dus u plaas aan meer as een kind wil bemaak, sal dit probleme tydens die bereddering van u boedel veroorsaak.

Moontlike oplossings hiervoor sluit onder andere in dat u u plaas dan eerder soos volg bemaak:

  • Aan ‘n maatskappy, waarvan elke kind ‘n direkteur en aandeelhouer is of
  • Aan ‘n testamentêre trust.

Die skep van ‘n testamentêre trust vir hierdie doeleindes hou onder andere die volgende voordele in:

  • die voorbehoud van die plaas vir die familie en toekomstige afstammelinge word verseker;
  • die groei van u persoonlike boedel en dié van u erfgename word beperk;
  • dit bied beskerming van die plaas teen insolvensie en egskeiding.

Indien u egter in u testament ‘n lewenslange vruggebruik aan u langslewende gade oor die plaas wil skep, moet die volgende eers oorweeg word:

  • Sou die bewoording van u testament slegs die landbougrond aan u kinders bemaak, is die gevolg dat implemente, vee, masjienerie, ens bemaak word in terme van die restant van u boedel;
  • U kinders sal dan hierdie ander bates moet huur om voort te gaan met die boerdery;
  • U kinders boer dan in wese vir u gade deurdat die inkomste uit die boerdery u gade toekom en die vraag ontstaan dus watter inkomste u kinders sal toekom sodat hulle hulle families kan onderhou;
  • U kinders sal u gade se toestemming moet kry vir besluite met betrekking tot die plaas en hulle sal eers na die dood van u gade volle eienaarskap en besluitnemingsreg ontvang;
  • Indien die plaas verkoop moet word sal beide die kinders as blooteienaars en u gade as vruggebruiker daartoe moet toestem en sal u gade vir haar/sy vruggebruik vergoed moet word. Die vraag ontstaan dus of daar dan genoegsame kontant sal oorbly sodat u kinders vir hulleself kan sorg;
  • Sou u gade weer trou en sy/haar huweliksmaat saam op die plaas woon, ontstaan die vraag of u kinders met hulle stiefouer oor die weg sal kom indien hy/sy by die boerdery betrokke raak;
  • U gade as vruggebruiker het die reg om die plaas aan iemand anders as u kinders te verhuur en in hierdie geval sal u kinders dan eers na u gade se afsterwe kan boer.

Dit is dus van uiterste belang dat by die opstel van die testament van ‘n boer, alle praktiese faktore wat ‘n boerdery beïnvloed, deeglik oorweeg moet word en u dus ‘n kundige persoon nader om u hiermee by te staan.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

IT IS OFFICIAL … SARS FILING SEASON FOR INDIVIDUALS START 1 JULY 2021PERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services