3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
TESTAMENT – VERSTAAN MY EKSEKUTEUR MY BEHOEFTES?

TESTAMENT – VERSTAAN MY EKSEKUTEUR MY BEHOEFTES?

0March 2, 2020March 2, 2020
By Marius VorsterIn Estates and Trusts

fhbc_dec_mailer_01_03Soos dit duidelik uit ons vorige artikel blyk, kan die belangrikheid van ‘n Testament nie genoeg beklemtoon word nie.

Om ‘n Testament op te stel of te laat opstel is ‘n stap in die regte rigting, maar dit is net so belangrik dat u Testament uitvoerbaar is en dat die verdeling van u bates korrek aangespreek word en uiteindelik aan u behoeftes voldoen.

Meestal word die persoon of instansie wat u vertrou om u Testament op te stel dan ook benoem om die administrasie van u boedel te behartig.

Dit is dus uiters belangrik dat hierdie persoon oor die nodige kundigheid beskik en ook deeglike kennis het van die Wet op Testamente asook die Boedelwet.

Die verdeling van bates sal in baie gevalle eenvoudig voorkom terwyl dit vir ander individue weens familie-omstandighede bv. ‘n tweede huwelik en/of kinders uit ‘n eerste en tweede huwelik ‘n baie gekompliseerde oefening kan raak.

Hoe meer ingewikkeld persoonlike omstandighede is, hoe meer scenarios kan daar ontstaan waar die behoefte rondom vererwing nie duidelik is nie of nie korrek ge-interpreteer word deur die persoon of instansie wat u vertrou om u Testament op te stel nie.

Dit gebeur gereeld dat die omskrywing rondom die toekenning van ‘n spesifieke bate so omslagtig is dat dit eerder ruimte laat vir verkeerde interpretasies.

Daar ontstaan ook dikwels wrywing tussen families omdat die aanspreeklikheid vir administrasiekostes nie geskied volgens die behoeftes van die oorledene nie, bv.  Persoon X kom te sterwe en bemaak sy woonhuis aan sy seun uit ‘n eerste huwelik en die restant van sy boedel aan sy tweede vrou.

Die Testateur (oorledene) verkeer onder die verkeerde indruk dat sy seun ‘n gedeelte van die boedel se administrasiekostes sal dra, maar omdat hy dit nie spesifiek in sy Testament versoek het nie, sal sy seun die eiendom as legaat erf en sal alle kostes (bv. eksekuteursvergoeding, kapitaalwinsbelasting en oordragskoste) as administrasiekostes teen die boedel verhaal word.  Dit sal beteken dat hierdie kostes na regte uit die restant van die boedel, m.a.w. teen die tweede vrou se erfdeel, gehef word.  Dit kan verhoed word indien die Testament bepaal dat die eiendom aan die seun vererf, onderhewig daaraan dat enige kapitaalwinsbelasting en oordragkostes deur hom betaalbaar sal wees of teen sy gedeelte van sy erfenis verhaal moet word.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za of vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za

IS YOUR COMPANY REGISTERED ON THE COMPEASY SYSTEM TO BE ABLE TO SUBMIT CLAIMS FOR IOD AND OCCUPATIONALLY-RELATED DISEASES?PERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services