3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
HOE VRY IS U MET U TESTAMENT EN ERFLATING?

HOE VRY IS U MET U TESTAMENT EN ERFLATING?

1December 2, 2019December 2, 2019
By FHBCIn Estates and Trusts

fhbc_blog_dec_01Die Hoogste Hof van Appèl het soos volg beslis:

  • Testamentvryheid word beskou as een van die grondbeginsels van die Suid-Afrikaanse testate erfopvolgingsreg;
  • Suid-Afrikaanse howe is verplig om uitvoering te gee aan die duidelike bedoeling van die erflater soos wat dit blyk uit die erflater se testament;
  • Die erkenning van privaatbesit en die gepaardgaande reg van ‘n eienaar dien as ‘n gesonde grondslag vir die erkenning van privaat opvolging sowel as die vryheid van erflating in die Suid-Afrikaanse reg.

Dit is egter belangrik om te let op die volgende uitsonderings op die beginsel van vryheid van erflating:

  • Minderjarige en behoeftige kinders, insluitend aangenome en buite-egtelike kinders, van die testateur het ‘n reg tot onderhoud en onderwys wat voor die reg van die erflater se legatarisse en erfgename staan;
  • Die nagelate gade van die testateur het ‘n eis vir redelike onderhoud teen die boedel van die erflater tot haar/sy dood of hertroue.  Hierdie reg staan ook voor die reg van die erflater se legatarisse en erfgename.  Indien hierdie eis teen ‘n eis van ‘n afhanklike kind meeding, word die eise proporsioneel verminder;
  • Indien gades buite gemeenskap van goedere getroud was onderhewig aan die aanwasbedeling in terme van die Huweliksgoedere Wet 88 van 1984 en een van die gades sterf, dan het die langslewende gade ‘n eis vir een helfte van die verskil tussen die aanwas van die onderskeie boedels, indien die langslewende gade onterf word of minder as die aanwaseis in terme van die erflater se testament erf.  Hierdie reg staan ook voor die reg van die erflater se legatarisse en erfgename, maar staan konkurrent met krediteure;
  • Alhoewel die erflater, as lid van ‘n Pensioenfonds, ‘n begunstigde benoem het met sy afsterwe, het die Trustees van die Fonds die mag om te besluit watter van die erflater se afhanklikes die voordele uit die Fonds moet ontvang;
  • Die Beslote Korporasie Wet 69 van 1984 plaas ‘n beperking op wie die erflater in sy/haar testament kan benoem om die ledebelang te ontvang.  Artikel 29 beperk ledebelang in ‘n Beslote Korporasie tot ‘n natuurlike persoon, ‘n testamentêre trust onderhewig aan sekere voorwaardes en sekere persone wat in ‘n verteenwoordigende hoedanigheid optree.  Indien ‘n formele assosiasieooreenkoms onder die lede van die BK bestaan, kan die regte van erfgename en legatarisse van ‘n oorlede lid daarin bepaal word;
  • Die erflater se vryheid van erflating word beperk deur die bepalings van die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne 28 van 2002, die Wet op die Onderverdeling van Landbougrond 70 van 1970 en die Onroerende Eiendom (Opheffing van Wysiging van Beperkings) Wet 94 van 1965.

Enige persoon ouer as 16 jaar kan ‘n testament onderteken, behalwe as die erflater ten tye van die ondertekening van die testament verstandelik onbevoeg is om die aard en effek van sy/haar daad te begryp.  Die onus om te bewys dat die erflater ten tye van die ondertekening van die testament onbevoeg was, rus op die persoon wat dit beweer.

Dit is noodsaaklik dat u testament voldoen aan die formaliteite wat vereis word vir ‘n geldige testament in terme van Artikel 2(1) van die Wet op Testamente 7 van 1953.

Met inagneming van die inhoud van hierdie artikel, behoorlike boedelbeplanning en ‘n praktiese en uitvoerbare testament ten opsigte van u bedoeling, is dit raadsaam dat u ‘n gekwalifiseerde Fidusiêre Praktisyn nader.

Vir meer inligting, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za

YESTERDAY, TODAY, TOMORROW – A TAX SYNOPSIS FOR 2019LITIGATION AS WE KNOW IT MIGHT SOON BE SOMETHING OF THE PAST, WITH MEDIATION BECOMING THE MAIN DISPUTE RESOLUTION MECHANISM.

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services