3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
BATES EN U HUWELIK

BATES EN U HUWELIK

2October 7, 2019October 7, 2019
By FHBCIn Estates and Trusts

fhbc_dec_mailer_01_03Dit is belangrik om, voordat u trou, die wetlike implikasies van die huweliksgoedere-bedeling te verstaan ter wille van die opstel van u testament aangesien die bedeling wat ter sprake is, die eienaarskap en beheer van u bates sal beïnvloed.

Die belangrikste vorme van die huweliksgoedere-bedeling is die huwelik binne gemeenskap van goedere en die huwelik buite gemeenskap van goedere met die uitsluiting of insluiting van die aanwasbedeling onderskeidelik.

Huwelik binne gemeenskap van goedere: 

  • Daar is geen vooraf kontraktuele ooreenkoms (afgesien van trou aan mekaar);
  • Gades het nie twee afsonderlike boedels nie, maar daar is ‘n gemeenskaplike boedel en elke gade het ‘n 50% aandeel in elke bate in die boedel, ongeag in wie se naam dit geregistreer is en dit geld vir bates wat voor asook tydens die huwelik verkry word;
  • Indien een gade skuld aangaan in sy/haar eie naam, sal sy/haar gade outomaties daardeur gebind word en ook aanspreeklik gehou word vir die skuld;
  • Indien ‘n sekwestrasie plaasvind (in die geval van insolvensie), sal die gemeenskaplike boedel gesekwestreer word.

Huwelik buite gemeenskap van goedere met uitsluiting van die aanwasbedeling: 

  • ‘n Notariële huweliksvoorwaardekontrak (HVK) word voor die sluiting van die huwelik opgestel deur ‘n prokureur (wat geregistreer is as ‘n notaris);
  • Indien daar geen HVK bestaan nie, sal die huweliksbedeling outomaties binne gemeenskap van goedere wees;
  • Die waardes van elke gade se boedel by huweliksluiting word in hierdie kontrak vervat;
  • ‘n Huwelik met ‘n HVK beteken dat al die bates wat deur die gades besit word voor die datum van huweliksluiting, die eiendom van die betrokke gade sal bly;
  • Elke gade het volle beskikkingsreg oor sy/haar eie bates, alhoewel daar ‘n plig rus op elke gade om volgens sy/haar vermoë by te dra tot die gesamentlike huishoudelike uitgawes;
  • Bates verkry in die loop van die huwelik sal slegs die uitsluitlike eiendom van een gade bly indien die aanwasbedeling uitdruklik deur die gades uitgesluit word;

Huwelike buite gemeenskap van goedere met die insluiting van die aanwasbedeling: 

  • Die huwelik buite gemeenskap van goedere sluit outomaties die aanwasbedeling in, tensy dit uitdruklik deur die gades in die HVK uitgesluit word;
  • Eers met ontbinding van die huwelik tree die aanwasbedeling in werking en moet die aanwas (groei) van elke gade se boedel vasgestel word;
  • ‘n Skenking van een gade aan ‘n ander gade word uitgesluit van die berekening van elke gade se aanwas;
  • Die waarde van die aanwas is die waarde waarmee die netto boedel by ontbinding van die huwelik, die netto boedel by die aanvang van die huwelik, oorskry.  ‘n Aanwas sal ‘n persoonlike eis by die ontbinding van die huwelik tot gevolg hê.

Die versigtige oorweging van die gevolge van die onderskeie huweliksgoedere-bedelings is dus belangrik, nie net vanuit ‘n boedelbeplanningsperspektief nie, maar ook ter wille van die praktiese en regverdige bestuur van bates binne die huwelik.

Kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za indien u enige navrae het.

AFKOELREGTE EN -PERIODES MET DIE AANGAAN VAN OOREENKOMSTEPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services