3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
DIE DEFINISIE VAN ‘N GADE VIR BOEDELBEPLANNING EN ONDERHOUD

DIE DEFINISIE VAN ‘N GADE VIR BOEDELBEPLANNING EN ONDERHOUD

0August 1, 2019August 1, 2019
By FHBCIn Estates and Trusts

fhbc_dec_mailer_01_03Die hedendaagse en minder tradisionele instelling is dat paartjies op ‘n meer informele basis ‘n lewe saam begin en toekoms beplan.  “Saamwoon” word gedefinieer as ‘n stabiele, vaste verhouding waar ‘n paartjie wat nie wil of kan trou nie, saamleef as gades.

Die Wysigingswet op Inkomstewette het die definisie van gades uitgebrei deur ook in te sluit “a partner is a same-sex or heterosexual union which the Commissioner is satisfied is intended to be permanent”.  Die onus rus op die nagelate gade om die bestaan van ‘n permanente verhouding te bewys ten einde voordeel uit belastingbeplanning te ontvang.

Die definisie van ‘n gade is belangrik om vir die volgende belastingvoordele te kwalifiseer:

  • Testamentêre bemakings aan gades is vry van Boedelbelasting (Artikel 4q);
  • Oordragte tussen gades is vry van Kapitaalwinsbelasting, die oorspronlike basiskoste van ‘n bate deur die oorledene aangegaan word “oorgerol” na die boedel van die nagelate gade;
  • Skenkings tussen gades is vry van skenkingsbelasting asook boedelbelasting en word ook uitgesluit by die berekening van elke gade se aanwas.

Verdermeer moet paartjies bewus wees van die moontlikheid van ‘n onderhoudseis teen die boedel van die eerssterwende van hulle in terme van die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades.  ‘n Eis mag ontstaan vir redelike onderhoudsbehoeftes tot by dood of hertroue van die nagelate gade, insover die gade nie self vir die onderhoud kan sorg nie.

“Redelike” onderhoudsbehoeftes verwys grootliks na die lewensstandaard waarvolgens die paartjie saamgeleef het asook die ouderdom van die nagelate gade.  Dit is egter standaard praktyk dat ‘n Aktuaris die berekening van ‘n moontlike onderhoudseis behartig.  ‘n Onderhoudseis kan egter nie die beskikbare balans vir verdeling van ‘n boedel oorskry nie.

Dit is dus noodsaaklik dat paartjies die nodige dokumentasie en reëlings in plek sit sodat die bestaan van ‘n permanente verhouding bewys kan word ten einde voordeel te trek uit beskikbare belastingvoordele wat aan gades beskikbaar is en moontlike onderhoud te kan eis.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za

PROTECTION OF PERSONAL INFORMATION (POPI) – ARE YOU READY YET?PERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services