PERSONEELNUUS

Op 7 Junie het ons spanbou gehou.  Ons het die dag afgeskop met Kommunikasiestyle en daarna is ons in spanne verdeel om die “Night of mystery” speletjie te speel.  Die komitee het ons ook na verskillende persele geneem, o.a. ons Paarl kantoor, waarna ons die dag se opwinding en misterie met ‘n heerlike kuier by die Pearl Rock Terrace van Laborie afgesluit het.  Dankie aan die komitee vir die dag se reëlings.

Ons het ‘n paar nuwelinge by ons kantoor verwelkom, maar ons het ongelukkig van twee kollegas afskeid geneem.  Elbie Ebersohn, Administratiewe en Maatskappy Sekretariële Beampte, en Somari van Niekerk, Rekenmeester, se afskeid was op 27 Junie.  Ons beste wense vergesel beide vir hulle nuwe loopbaangeleenthede.

Ons het ‘n paar vakansiewerkers in diens gehad om blootstelling aan die wêreld van werk te kry.

Op 18 Julie vier ons Madibadag deur 67 minute saam met ‘n liefdadigheidsorganisasie te spandeer.  Op 19 Julie hou ons partytjie ter viering van die verjaarsdae van Verjaarsdaggroep 2.