VROUEDAG BYEENKOMS OP 17 AUGUSTUS 2019: BESPREEK U PLEK

fhbc_rocketmailer_nov_01_13Ons het vroeër die jaar in ons Mei maand weergawe van ons nuusbrief inligting gedeel oor ons beplande Vrouedag byeenkoms wat in Augustus plaasvind.  Hierdie unieke Vrouedag byeenkoms word aangebied deur FHBC, PSG Wealth Durbanville Oxfordstraat en PSG Insure Paarl.

Augustus maand is ‘n spesiale maand vir vroue en daarom wil FHBC, PSG Wealth Durbanville Oxfordstraat en PSG Insure Paarl, hande vat om vroue uit verskillende agtergronde en met verskillende beroepe, talente en drome te bemagtig.  Ons word toenemend bewus van die behoefte aan kundige kennis en advies aan veral vrouens, in ‘n tyd waar al hoe meer vrouens selfstandig moet kan besluit oor hul finansiële welstand en onafhanklikheid, hetsy as enkellopende of getroude vrouens, ma’s, versorgers, eggenotes, entrepeneurs en tuisteskeppers.

As aanbieders van die Vrouedag, as kundiges en ook as vrouens, wil ons graag ‘n verskil maak in elke vrou se lewe om hulle toe te rus met die nodige kennis om die korrekte vrae te begin vrae oor finansiële welstand en sodoende die regte besluite te kan neem wat ‘n positiewe verskil in hul lewens sal maak.

Dit is dus ‘n voorreg om ons Vrouedag bekend te stel:

Samekoms: FHBC/PSG Vrouedag – Dames Ontbyt
Venue: Boschenmeer, Paarl, Boland
Datum: Saterdag, 17 Augustus 2019
Tyd: 09h30 vir 10h00
Koste: Tafels van 10 teen R200 per persoon of R2,000 per Tafel
Besprekings by: PSG Wealth Oxfordstraat – info.durbanville@psg.co.za; of FHBC – lorraine@fhbc.co.za

Daar sal ‘n verskeidenheid van uitstallers wees sowel as ‘n kontantkroeg.

Die Vrouedag sluit ‘n heerlike ontbyt in en goeie wyn.  Vonkel sal bedien word om die borrels van die lewe te vier.  Daar sal ‘n veiling wees van interessante produkte en ook verrassings-weggee geskenkies aan van die dames wat die oggend bywoon.

Gedurende die oggend sal daar verskeie sprekers wees wat ons vrouens gaan bemagtig met hulle kundigheid en waardevolle inligting sal deel.  Ons wil graag sodoende help om ons vrouens  te versterk en te verseker dat vrouens kan voortgaan om die steunpilare te wees wat hulle in ons samelewing is.

As vrouens is ons ook bewus van die nodigheid om ons kinders en vrouens van die toekoms toe te rus met die nodige vaardighede om hulle plekke volwaardig te kan volstaan.  Om hierdie rede gebruik ons ook die geleentheid as ‘n fondsinsameling en sal alle opbrengste van die dag aan Hilltop Legacy geskenk word.

Die tema van die oggend is:  Wat as…

Wat as…

  • Jy meer inligting gehad het toe jy daardie besluit, wat jy nou berou, geneem het?
  • Ek en ‘n vriendin saam ‘n besigheid begin?
  • Ek besluit om op te hou werk om hoofsaaklik na ons kinders om te sien?
  • Ek, my man of een van my kinders ernstig of terminaal siek word?
  • Daar instansies is soos FHBC en PSG wat omgee vir vroue en daardie persone wat primêr afhanklik is van vroue vir hulle versorging, en ek klop nooit aan daardie deur vir antwoorde op al my vrae nie?

Daar is soveel vrae wat ons kan vra en daar is soveel “scenarios” wat ons hier kan skets omdat daar soveel dinge onverwags verkeerd kan gaan in elkeen van ons lewens.  Wat as… jy nie vandag voorsiening maak vir die toekoms nie?

Ons is baie opgewonde oor die Vrouedag en nooi elke vrou uit wat vrae het, wat meer wil weet en wat ernstig oor haar onafhanklikheid en finansiële welstand is, om ons te kontak en ‘n plek te bespreek.

Laaste vraag: Wat as… jy uitmis op hierdie geleentheid? 

Vir enige navrae of om jou plek te bespreek kontak Lorraine Oosthuysen by lorraine@fhbc.co.za.