3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
U TESTAMENT EN POLISSE BY EGSKEIDING

U TESTAMENT EN POLISSE BY EGSKEIDING

0April 25, 2019April 25, 2019
By FHBCIn Estates and Trusts

fhbc_dec_mailer_01_03Ons het in ‘n vorige Artikel die uitwerking van ‘n egskeiding op Testamentêre vererwing bespreek.

In kort bepaal Artikel 2B van die Wet op Testamente (Wet 7 van 1953) dat ‘n geskeide persoon wat binne 3 maande na die egskeiding te sterwe kom se Testament geïmplementeer sal word asof hy sonder ‘n gade te sterwe gekom het, met ander woorde, asof die gade nie daar is om te erf nie.

Die enigste uitsondering op hierdie “drie maande reël” is waar dit duidelik uit die inhoud van die Testament blyk dat die Testateur steeds die bedoeling het om, ten spyte van die egskeiding, steeds sy voormalige gade Testamentêr te bevoordeel.

‘n Testament wat dus 3 maande na ‘n egskeiding nie hersien word nie en moontlik die geskeide gade as enigste erfgenaam benoem sal vankrag wees en vererwing sal in terme van die bepalings van hierdie Testament geskied.

Die noodsaaklikheid om ‘n Testament in die geval van ‘n egskeiding te hersien kan dus nie genoeg beklemtoon word nie.

‘n Ander area wat normaalweg ook nie in die geval van ‘n egskeiding met die nodige erns ondersoek en aangespreek word nie, is lewensversekering.

Man en vrou word meestal oor en weer as begunstigdes op hulle onderskeie lewenspolisse benoem.

In die geval van ‘n egskeiding behoort hierdie benoeming heroorweeg te word, tensy die egskeidingsbevel natuurlik duidelik bepaal dat ‘n betrokke polis(se) aan die voormalige gade begunstig moet word.

Daar ontstaan ook gereeld die verkeerde veronderstelling dat die benoeming van begunstigde op lewenspolisse Testamentêr gewysig kan word.

‘n Testament is ‘n baie kragtige dokument en waarskynlik een van die belangrikste dokumente wat gedurende u leeftyd onderteken word, maar die beguntigde-benoeming op ‘n lewenspolis kan nie by wyse van ‘n Testament herroep word nie.

Indien u voormalige gade dus aangewys is as begunstigde op een van u lewenspolisse en u wysig na u egskeiding u Testament om te bepaal dat die Polis aan u kinders begunstig moet word, sal die benoeming wat by die Versekeringmaatskappy genoteer is geld en sal die Polis dus steeds aan u voormalige gade uitbetaal word.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

IS YOUR BUSINESS ABOUT TO SPONSOR SPORTING EQUIPMENT TO A LOCAL SPORTSMAN/WOMAN? HERE’S WHY IT MAY QUALIFY AS A BUSINESS EXPENSEPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services