3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
TESTAMENT EN EGSKEIDING
1November 6, 2017November 6, 2017
By Marius VorsterIn Estates and Trusts

fhbc_nov-rocketmailer_01_03Ingevolge die bepalings van Artikel 2B van die Wet op Testamente (Wet 7 van 1953) sal ‘n geskeide persoon wat binne 3 maande na die egskeiding te sterwe kom se Testament geïmplementeer asof hy sonder ‘n gade te sterwe gekom het, met ander woorde, asof die gade nie daar is om te erf nie.

Die enigste uitsondering op hierdie “drie maande reël” is waar dit duidelik uit die inhoud van die Testament blyk dat die Testateur steeds die bedoeling het om, ten spyte van die egskeiding, steeds sy voormalige gade Testamentêr te bevoordeel.

Dit is normale praktyk dat ‘n getroude persoon tog sy gade in ag sal neem en gevolglik voordele aan sy gade in sy testament sal bemaak en voorts kan bepaal dat indien die gade die eerssterwende is, verval die bemaking aan hom/haar en vererf hierdie voordele dan aan die kinders wat uit hulle huwelik gebore is. Ingevolge Artikel 2B sal die oorledene se boedel vir die eerste drie maande na die egskeiding aan sy/haar kinders as plaasvervangende erfgename vererf en indien daar nie voorsiening gemaak word vir ‘n alternatiewe erfgenaam van die gade nie, sal die verdeling van die boedel ooreenkomstig die Wet op Intestate Erfopvolging geskied. Dit beteken dat die boedel tussen die oorledene se naasbestaandes (bv. kinders, ouers, broers of susters) verdeel sal word, wat moontlik nie die Testateur se wense was nie.

As ‘n geskeide persoon dus meer as drie maande na sy egskeiding te sterwe kom en nie sy Testament aanpas wat sy gade bv. as enigste erfgenaam benoem nie, sal die voormalige gade steeds die enigste erfgenaam wees, alhoewel die partye nie meer getroud is nie!

Dit is dus uiters noodsaaklik dat iemand wat oorweeg om te skei, nie net fokus op die terme en voorwaardes van die egskeiding en skikkingsooreenkoms tussen die partye nie, maar die aanpassing van sy/haar Testament behoort ook dringende aandag te geniet, veral gegewe die kort periode (3 maande) wat in terme van Wetgewing verleen word om die nodige Testamentêre aanpassing na ‘n egskeiding te maak.

Indien daar enige navrae is, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

PAYROLL TAXES: COMPANY VEHICLE PROVIDED BY EMPLOYERPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services