3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
U TESTAMENT – NUTTIGE WENKE

U TESTAMENT – NUTTIGE WENKE

1December 5, 2016July 7, 2017
By Marius VorsterIn All Categories, Estates and Trusts

fhbc_rocketmailer_dec_01_06Na ons mening behoort ‘n Testament deur ‘n kundige persoon met die nodige kennis en praktiese ervaring opgestel te word.

Verskeie kenners reken dat ‘n persoon eers ‘n paar jaar blootgestel behoort te word aan die werklike en fisiese administrasie van boedels alvorens hy/sy oor genoegsame en toepaslike ervaring sal beskik om ‘n deeglike deurdenke en uitvoerbare Testament te kan opstel.

Ons gee egter ‘n paar nuttige riglyne wat by die opstel van ‘n testament in ag geneem behoort te word:

• U testament moet gereeld nagegaan word, om te verseker dat die inhoud van die dokument tred hou met veranderinge in u persoonlike omstandighede bv. egskeiding of die geboorte van ‘n kind. Ons beveel aan dat ‘n Testament ten minste elke 2 jaar vir hersiening oorweeg moet word.
• Maak seker dat die Testament geldig en uitvoerbaar is. Die Wet op Testamente stel baie spesifieke vereistes waaraan ‘n testament moet voldoen en ons sien gereeld hoe Testamente in die geval van ‘n sterfte nie as ‘n geldige dokument geliasseer kan word nie, bloot weens ‘n klein tegniese puntjie wat nie aan die Wet-voorskrifte voldoen nie.
• Probeer om nie die Testament onnodig te kompliseer nie, daar is uiteraard omstandighede wat tot komplekse situasies en oplossings lei, maar probeer sover moontlik om die Testament so eenvoudig as moontlik te hou.
• Dit is werklik nie wenslik om u eie testament te probeer opstel nie – tensy u natuurlik weens u beroep of blootstelling oor die toepaslike ervaring beskik.
• Maak seker dat u die inhoud van u testament verstaan, as u nie die inhoud van die dokument korrek kan interpreteer nie, is die kanse goed dat u bedoelings en wense vir enige ander derde partye ook nie duidelik of verstaanbaar sal wees nie.
• Maak seker dat u die inhoud van u testament verstaan, as u nie die inhoud van die dokument korrek kan interpreteer nie, is die kanse goed dat u bedoelings en wense vir enige ander derde partye ook nie duidelik of verstaanbaar sal wees nie.
• Erfgename behoort duidelik geïdentifiseer te word deur hulle volle name en verwantskap tot die Testateur. ‘n Pa en broer met dieselfde voorname en van kan groot probleme veroorsaak en in so geval sou dit raadsaam wees om ook die erfgename se identiteitsnommers te meld.
• Die verdeling van bates behoort regverdig en billik te wees, sodat daar nie onnodige konflik en wrywing tussen erfgename ontstaan nie, maar uiteindelik is dit u testament en dit is dus u keuse hoe u bates verdeel moet word of hoe daar met u bates gehandel moet word.
• Maak egter seker dat die verdeling van u bates nie onprakties is nie. Dit is byvoorbeeld nie altyd raadsaam om u bates gelykop tussen u gade en kinders te verdeel nie, tensy u boedel natuurlik net uit kontantfondse bestaan.
• Bevelende opdragte moet sover moontlik vermy word. ‘n Opdrag dat al u bates verkoop moet word, kan beteken dat aandele en/of onroerende eiendomme in ongunstige markomstandighede verkoop moet word en dit mag groot verliese tot gevolg hê.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

VAT, TRANSFER DUTY AND FIXED PROPERTY (PART 1)PERSONEELNUUS

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services