PERSONEELNUUS

Oktober was Kankerbewusmakingsmaand. Pienk lappe en strikkies het die kantoor en personeel versier.

fhbc_blog_nov_01d

7 Oktober het ons ongelukkig van Jerieska Fransman afskeid geneem. Ons beste wense vergesel haar met haar loopbaan.

photogrid_08

10 Oktober het ons vir Gavin Fraser as Rekeningkundige klerk welkom geheet.

17 Oktober was die Base vir Basedag met ‘n geskenk en heerlike ete by Noop in die Paarl bederf.

November is “Movember” maand en die kompetisie is aan. Die wenner van “beste-baard” en vir “skaam-baardjie” word by die Jaareindfunksie aangekondig.

Mercia Arendse (Skoonmaker) trou Saterdag 12 November met Cheslin Small. Vele geluk en seën word vir hulle groot dag en hulle huwelik toegewens.

18 November is ons Jaareinfunksie by Simonsvlei. Hierdie jaar is dit informeel en die kinders kuier saam. Ons gaan ‘n burger buffet geniet en die dansbaan behoorlik warm dans.

Loopbaangeleenthede:

Ons het geleentheid vir ‘n Boekhouer, ‘n Rekenmeester asook vir ‘n Debiteure en Administratiewe Beampte om by ons span aan te sluit. Studente of Matrikulante wat vanaf 2017 SAIPA klerkskappe wil doen, kan gerus ‘n CV met ‘n akademiese rekord stuur.

Rig enige navrae ten opsigte van die poste aan venessa@fhbc.co.za