3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
DIE GEVOLG VAN DIE NUWE ARTIKEL 9HA VAN DIE INKOMSTEBELASTINGWET

DIE GEVOLG VAN DIE NUWE ARTIKEL 9HA VAN DIE INKOMSTEBELASTINGWET

2September 5, 2016July 7, 2017
By FHBCIn All Categories, Estates and Trusts

InkomsteDie betrokke artikel het in werking getree op 1 Maart 2016.  Dit hou geweldige groot implikasies in vir spesifiek boere by afsterwe.  Ingevolge die betrokke artikel, word by ’n boer se afsterwe, sy boedel nou beskou as ’n aparte entiteit vir inkomstebelastingdoeleindes.  Voorheen was die boedel net beskou as ’n verlengstuk van die oorledene en nie ’n aparte entiteit nie.  Dit word dus nou aanvaar deur SARS dat by afsterwe die boer sy lewende hawe en implimente “verkoop” het aan die boedel.  Die boedel betaal nou inkomstebelasting op die verskil tussen die billike markwaarde van die lewende hawe en implimente en die  inkomstebelastingwaarde daarvan.  Voor 1 Maart 2016 is die betrokke bates net in ag geneem vir boedelbelastingdoeleindes –  nou ook vir inkomstebelastingdoeleindes.

Die inkomstebelastingwaarde van lewende hawe is baie laag bv. R40 vir ’n koei en R6 vir ’n ooi.  Net so ook die waarde van plaasimplemente, wat binne 4 jaar afgeskryf sal word vir inkomstebelastingdoeleindes – tot ’n nul waarde in die finansiële state.

Wanneer ’n boer dus sterf en hy sy implemente en lewende hawe in sy eie naam besit het, word vir inkomstebelastingdoeleindes die volgende berekeninge gemaak:  billike markwaarde minus inkomstebelastingwaarde x marginale koers (wat nou a.g.v die insluiting van die groot verskil in waarde van hierdie bates, feitlik altyd 41% sal wees).  Hierdie inkomstebelasting moet nou deur die boedel betaal word.  Gevolglik het dit ’n groot impak op die likiditeit van die boedel en dit kan groot kontanttekorte veroorsaak, met gepaardgaande nadelige effek op vererwing, veral wat die gade betref, aangesien die gade gewoonlik die restantkontant van die boedel sal erf.  Vir hierdie kontanttekort in die boedel sal daar nou voorsiening gemaak moet word.  Indien daar dan nie voldoende kontant in die boedel beskikbaar is nie, kan dit impliseer dat boedelbates soos implemente en lewende hawe te gelde gemaak moet word, om onder andere nou SARS te kan betaal.

Dit is dus belangrik dat boere kennis neem van hierdie belastingwysiging en dat hulle boedelbeplannings sal laat doen om die effek van die nuwe wetgewing op die boedels, asook op vererwings aan erfgename, vas te stel.

U is welkom om met Van Dyk Cilliers te skakel vir meer inligting.  021 864 2607 of  vandyk@vandykcilliersconsulting.co.za

WITHDRAWAL BY IRBA INFLUENCES THE B-BBEE SERVICES OFFERED BY BGR WELLINGTON B-BBEE VERIFICATION AGENCY (PTY) LTDU BOEDEL EN BEGRAFNISKOSTES

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services