3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
WAAROM NEEM DIE AFHANDELING VAN ‘N BOEDEL SOMS UITERMATIG LANK?

WAAROM NEEM DIE AFHANDELING VAN ‘N BOEDEL SOMS UITERMATIG LANK?

4May 9, 2016July 7, 2017
By FHBCIn All Categories, Estates and Trusts

fhbc_blog_May_01
Dit kan soms selfs tot vyf jaar neem om ‘n boedel af te handel.  Onder gelys is ‘n paar faktore wat ‘n direkte invloed op die administrasie en gemiddelde looptyd van ‘n boedel het:

  • ‘n Persoon kom intestaat (sonder ‘n geldige Testament) te sterwe.
  • Die geldigheid van die Testament word betwis.
  • Sterftesertifikate word foutief geregistreer, bv. huwelikstatus is nie korrek aangedui nie.
  • Swak samewerking of diens van die instellings met wie die oorledene besigheid gedoen het of waar hy bates gehou het.
  • Boedel beskik nie oor voldoende fondse om laste en administrasiekostes te vereffen nie.
  • Verlore titelaktes en die prosedures om duplikaat aktes te verkry.
  • Onnatuurlike sterftes het tot gevolg dat nadoodse ondersoeke eers afgehandel moet word alvorens die administrasie van die boedel kan voortgaan.
  • Erfgename wat nie tot ‘n vergelyk kan kom m.b.t. die verdeling van bates nie en die gevolglike opstel en ondertekening van herverdelingsooreenkomste tussen die erfgename.
  • Oordrag en/of verkoping van beursgenoteerde Aandele wat nie in ‘n Aandele-portefeulje bestuur word nie.
  • Hofsake wat ten tyde van afsterwe nog nie geskik en afgehandel is nie.
  • Invordering van lenings of gelde wat nog aan die oorledene verskuldig was.
  • Onderhoudseise of die berekening van agterstallige onderhoud (langslewende en/of kinders).
  • Die nakoming van termes en voorwaardes soos omskryf in ‘n Egskeidingsbevel.
  • Erfgename wat nie opgespoor kan word nie.
  • Ingewikkelde besigheidsbelange wat nie behoorlik beplan is nie en ook nie deeglik in die Testament aangespreek word nie.
  • Verkryging van uitsettingsbevele teen familie of derde partye wat onroerende eiendom onwettig bewoon.

Die volgende riglyne kan moontlik verseker dat die administrasie van u boedel nie vertraag sal word nie. 

  • Gee u samewerking aan die persoon wie u aangewys het om u met die administrasie van die boedel behulpsaam te wees.
  • Doen gereeld (ten minste twee-jaarliks)‘n behoorlike boedel- en testamentbeplanning om sodoende te verseker dat u Testament geldig en uitvoerbaar is.
  • Maak seker dat alle inligting met rapportering van die boedel aan die boedelberedderaar verskaf word.
  • Dit is raadsaam om gereeld ‘n opname van alle bates en belangrike persoonlike inligting in een lêer bymekaar te hou en dan gereeld die inhoud op te dateer. Dit verseker dat u familie nie ten tyde van u afsterwe hoef rond te skarrel om inligting te verkry nie en dit vergemaklik werklik die administrasie van die boedel en die algemene verloop van die beredderingsproses.
  • Maak ook seker dat u boedel oor voldoende fondse beskik om laste en administrasiekostes te vereffen.
  • Ons beveel aan dat ‘n Oorspronklike duplikaat van u Testament ook in bewarng geplaas word by die persoon/instelling wat u as Eksekuteur van u boedel benoem het.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

PERSONEELNUUSVAT: PAYMENT VS INVOICE BASIS AND TAX INVOICES VS PRO-FORMA INVOICES

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (110)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (118)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (97)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services