3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us

‘N NAASBESTAANDE STERF. WAT NOU?

1April 1, 2016July 7, 2017
By Marius VorsterIn All Categories, Estates and Trusts

fhbc_blog_01Die volgende dien slegs kortliks as riglyn van wat mens te doen staan in die geval van ‘n sterfte:

  1. Indien die persoon aan natuurlike oorsake en by sy/haar huis te sterwe gekom het, stel u dokter in kennis.
  2. Indien die persoon aan onnatuurlike oorsake bv. ‘n motorongeluk te sterwe gekom het, stel die Polisie in kennis.
  3. Ons aanbeveling is dat voorskrifte m.b.t. die begrafnisdiens en/of verassing asook orgaanskenking nie slegs in ‘n Testament aangespreek behoort te word nie, maar dat die naaste familie ook kennis moet dra van wat die oorledene se laaste wil en wense rakende die begrafnis of verassing mag wees.  Stel egter vas of daar enige spesifieke instruksies t.o.v. die begrafnis of verassing in die oorledene se Testament bepaal word.
  4. Stel dan die begrafnisondernemer en u Predikant of Pastoor in kennis sodat die nodige begrafnisreëlings getref kan word.
  5. Ons beveel ook aan dat die begrafnisdiens eers afgehandel word en dat daar dan aandag gegee word aan die rapportering van die boedel.
  6. Kontak die persoon of instelling wat as Eksekuteur benoem is en maak ‘n afspraak om die boedel te rapporteer.
  7. Dit is normaalweg die Eksekuteur se plig om die oorledene se werkgewer/pensioenfonds asook Mediese Fonds van die persoon se afsterwe in kennis te stel, maar aangesien daar in baie gevalle ‘n voortsetting van die Pensioen- en/of Mediese Fonds sal plaasvind, is dit raadsaam om hierdie instellings so spoedig moontlik van die persoon se afsterwe in kennis te stel.  Dit word gedoen deur bloot ‘n gesertifiseerde afskrif van die sterftesertifikaat aan die relevante instellings beskikbaar te stel.  Verdere inligting en vereistes mag dan deur die instellings versoek word.
  8. Kontantbehoeftes behoort ook met die Eksekuteur bespreek te word, aangesien daar ‘n kort tydperk mag wees waarin daar nie onmiddellike toegang tot die oorledene se kontantbates verkry kan word nie.  ‘n Bekwame Eksekuteur sal egter bewus wees van opsies om toegang tot fondse te verkry wat binne die magte is wat deur Wetgewing toelaatbaar is.
  9. Die administrasie van ‘n boedel kan tussen 6 tot 9 maande, en selfs langer, neem om afgehandel te word en dit verleen dus aan die erfgename en familie voldoende geleentheid om nie oorhaastige besluite te neem nie.
  10. Ten slotte mag dit nodig wees dat die nagelate gade of ander naasbestaandes die hersiening van hulle eie Testamente behoort te oorweeg.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

ARE YOU A SOUTH AFRICAN WORKING ABROAD? READ MORE ABOUT INCOME TAX IMPLICATIONS.

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (110)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (118)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (97)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services