3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
BETEKENIS VAN SAMESMELTING, ADIASIE EN REPUDIASIE
5November 4, 2020November 4, 2020
By FHBCIn Estates and Trusts

fhbc_dec_mailer_01_03Wanneer die aparte boedels van gades by die afsterwe van die eerssterwende saamgevoeg word om as een gemeenskaplike boedel verdeel te word, vind samesmelting plaas.  Dit beteken dat twee persone met ‘n gesamentlike testament hul totale afsonderlike boedels of sommige van hul bates mag saamsmelt om die effek te hê dat die totale belang in die spesifieke bates by afsterwe van die eerssterwende kan vererf.

Indien kliënte sou kies om hulle bates of sommige van hulle bates saam te smelt, moet daar duidelik in die Testament bepaal word dat samesmelting moet plaasvind en watter bates saamgesmelt moet word.

Indien samesmelting oor slegs sekere bates plaasvind, verwys ons daarna as gedeeltelike samesmelting.

Die langslewende behoort ook ‘n voordeel te ontvang uit die bates wat saamgesmelt word, gewoonlik ‘n vruggebruik en is die skepping van ‘n beperkte reg (bv. vruggebruik) ten gunste van die langslewende ‘n vereiste vir die Testament om te voldoen aan samesmelting.

Die grootste voordeel van samesmelting is dat daar by afsterwe van die eerssterwende beskik kan word oor ‘n bate waarin die eerssterwende en langslewende ‘n belang gehou het, in plaas daarvan dat daar eers by die langslewende se afsterwe met sy/haar belang gehandel kan word.

Adiasie en repudiasie is begrippe wat gewoonlik geassosieer word met die samesmelting van die boedels van twee mense (normaalweg getroud binne ‘n gemeenskap van goedere).

Wanneer ‘n Testament voorsiening maak vir samesmelting of gedeeltelike samesmelting het die langslewende die keuse om die bepalings van die Testament te aanvaar (adiasie) of te verwerp (repudiasie).

Met aanvaarding, aanvaar die langslewende die bepalings van die Testament en stem toe tot die samesmelting van sy/haar belang in ‘n bate(s) met die eerssterwende se bates.

Indien die langslewende die bepalings van die Testament verwerp, sal dit beteken dat sy/hy nie toestemming verleen tot samesmelting nie.

In die geval van ‘n huwelik binne gemeenskap van goedere sal dit beteken dat die langslewende (indien hy/sy sou verkies om te repudieer) slegs sy/haar belang in die boedel weens die huwelik binne gemeenskap van goedere behou en alle ander voordele wat hy/sy kragtens die Testament sou ontvang, sal verbeur.

Hierdie artikel handel net met die basiese betekenis van die onderskeie terme en ons sal in verdere artikels die implikasies van samesmelting met verwysing na skenkingsbelasting, kapitaalwinsbelasting en hereregte bespreek.

Kontak gerus vir Marius Vorster by  mvorster@fhbc.co.za of vir Morné van Niekerk by  morne@fhbc.co.za indien u enige navrae het.

FOREIGN EMPLOYMENT INCOME – SOUTH AFRICAN RESIDENT – SECTION 10(1)(O)(II) – PROVISIONAL TAXPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (112)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (33)
  • Office and Personnel
    (120)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (99)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services