PERSONEELNUUS

Op 2 September was Sekretaressedag gevier.  Dankie aan almal wat agter die skerms ander se hande ligter maak.

Annemarie Edwards (Finansiële en Rekeningkundige Bestuurder) word binnekort ‘n babaseuntjie ryker. Janine Bam (Rekenmeester) is swanger met ‘n dogtertjie. Elvina van Wyk het Saterdag 26 September getrou. Op 4 September is hierdie dames met ‘n feesvier bederf.

sekretaressedag_06
babaseuntjie_06
Jeshua Crous het as Praktykbestuurder by ons kantoor aangesluit.  Jeshua, ons sien uit na jou bydrae as deel van ons span.

Ons is trots op Carmen Samuels wat haar SAIPA eksamen geslaag het.  Sy is nou ‘n Rekenmeester.

Tydens Oktober neem ons deel aan die kankerbewusmaking veldtog.

Op 2 Oktober het ons ‘n spanbou gehad. Ons het die samesyn gebruik om bietjie oor die lockdown te reflekteer, maar ons het ook net die lekkerte van saamwees geniet. Ons volgende nuusbrief sal foto’s hiervan bevat.

16 Oktober vier ons Basedag waartydens ons die Direkteure bedank vir al die geleenthede wat hulle vir ons as personeel bied om te kan deel wees van ‘n maatskappy wat groei en wat in individue investeer.  Hulle leef die waardes van professionalisme, integriteit, etiese optrede en uitnemendheid en inspireer die personeel om ook daarvolgens op te tree om uiteindelik waarde toe te voeg waarokal daar betrokkenheid is.