PERSONEELNUUS

Chantél Coetzee (Junior Regsadviseur) en Schalk van der Merwe is op 8 Desember 2018 in die Eg verbind.  Ons beste wense vergesel hulle in hulle huwelik.

troue_09

Verjaarsdaggroep 4 se partytjie was op Vrydag 14 Desember 2018 gehou.  Ons het ‘n Kersfeestema met ‘n Secret Santa gehad.  Personeel wat diens verlaat het was ook gegroet.

kersfees

Op Vrydag 18 Januarie 2019 is die kantore te Rosestraat 3 vir die jaarlikse Maatskappydag gesluit.  Tydens die dag gaan ons staaltjies uit die verlede deel, asook die Visie, Missie en Strategie vir die jaar.  Personeelfoto’s sal natuurlik ook geneem word.  Ons sluit die dag se verrigtinge met ‘n heerlike braai af, waartydens ons vier nuwelinge die voortou sal neem.

Voorspoed vir elkeen vir 2019!  Ons sien uit na die jaar en ons is opgewonde vir die geleentheid om waarde toe te voeg.