3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
SKENKINGSBELASTING EN VRYSTELLINGS

SKENKINGSBELASTING EN VRYSTELLINGS

1November 6, 2023November 6, 2023
By FHBCIn Estates and Trusts

Ons ontvang soms versoeke van kliënte wat wil afstand doen van ‘n erfenis wat hy/sy kragtens ‘n Testament ontvang, om die effek te hê dat ‘n ander erfgenaam of die oorblywende erfgename dan geregtig raak om die voordele/erfenis te ontvang.

Die algemene opvatting is dat hier waarskynlik dan ‘n donasie of skenking plaasvind aan die persone wat u kies om die voordele in u plek te ontvang.

Hierdie is egter om hoofsaaklik die volgende redes ‘n heeltemal verkeerde benadering: 

  1. Deur afstand te doen van die erfenis verbeur u die reg om die voordele te ontvang en word die bates dus nie deur u ontvang om u dan weer in staat te stel om die keuse uit te oefen om dit aan iemand anders te skenk nie.  Indien u dus eers die bates ontvang en dit dan aan iemand van u keuse gee of skenk, sal dit wel as ‘n skenking beskou word, wat heel waarskynlik onderhewig sal wees aan skenkingsbelasting;
  2. Soos in vorige artikels bespreek kan u nie as u afstand doen van u erfenis besluit aan watter persoon(e) die erfenis moet toeval nie. In hierdie geval tree wetgewing in werking wat kortliks soos volg toegepas word


    (a) Indien enige afstammelinge van ‘n erflater, uitgesonderd ‘n minderjarige of geestesongestelde afstammeling, wat saam met die oorlewende gade van die erflater op ‘n voordeel geregtig is, afstand doen van sy reg om sodanige voordeel te ontvang, vestig sodanige voordeel in die oorlewende gade;
    (b) Indien ‘n afstammeling van die erflater ten tyde van dood van die erflater op ‘n voordeel geregtig raak, hetsy as ‘n lid van ‘n klas of andersins, indien hy geleef het, of nie onbevoeg was om te erf nie, of nie na die erflater se dood afstand gedoen het van sy reg om so ‘n voordeel te ontvang nie, dan is die afstammelinge van daardie afstammeling, behoudens die bepalings van (a) hierbo, staaksgewyse geregtig op die voordeel, tensy daar ‘n duidelike bepaling in die testament bestaan.

In die tye wat ons leef ontstaan daar ook gereeld die behoefte dat een familielid daaraan dink om ‘n ander familielid finansieël by te staan, of om ‘n kind te help met ‘n deposito vir die aankoop van ‘n huis of voertuig. 

Sodanige handelinge impliseer ‘n skenking en voor u die transaksie aangaan is dit belangrik dat u deeglik kennis neem van die belasting-implikasies wat van toepassing is op skenkings.

Wat is skenkingsbelasting?:

Skenkingsbelasting is belasting betaalbaar teen ‘n vaste koers op die waarde van enige eiendom/bates wat u vervreem deur dit vir iemand anders te gee of dan eerder te skenk. 

Skenkingsbelasting word teen ‘n vaste koers van 20 % gehef op die waarde van die bates wat geskenk word.

Vrystellings:

Die inkomstebelastingwet maak voorsiening vir vrystelling van skenkingsbelasting in die volgende omstandighede:

  • Skenkings tussen gades;
  • Skenkings kleiner of gelyk aan R100 000 vir ‘n jaar van aanslag, per individu;
  • Skenkings aan goedgekeurde openbare liefdadigheidsorganisasies;
  • Skenkings deur nie-inwoners.  

Daar is dus verskeie faktore wat in ag geneem moet word wanneer daar oorweging gegee word aan die afstanddoening van ‘n erfenis of die maak van ‘n skenking. 

Kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za of vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za met enige navrae. 

THE FUTURE OF ACCOUNTING: CO-HABITATION WITH TECHNOLOGYPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services