3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
15 KENMERKE VAN NASIONALE TESOURIE SE NUWE SONPANEEL BELASTINGKORTING AANSPORINGSKEMA

15 KENMERKE VAN NASIONALE TESOURIE SE NUWE SONPANEEL BELASTINGKORTING AANSPORINGSKEMA

0March 22, 2023March 22, 2023
By FHBCIn Tax Compliance and Administration

Op 22 Februarie 2023 het die minister van finansies ʼn nuwe sonpaneel belastingkorting aansporingskema aangekondig wat vanaf 1 Maart 2023 sal geld, indien die voorgestelde belasting wetswysigings deur die parlement en die president goedgekeur word.

Die doel van die skema is om huishoudings te motiveer om in skoner groen energie te belê en om die huidige elektrisiteit opwekkingskapasiteit van die land te help aanvul.

Die 15 belangrikste kenmerke van die voorgestelde aansporingskema is as volg:

  1. Die aansporingskema is net vir die 2024 belastingjaar (1 Maart 2023 tot 29 Februarie 2024) beskikbaar. Dit is om vinnige publieke deelname te probeer bevorder.
  2. Individue wat inkomstebelasting betaal, sal die sonpaneel belastingkorting kan eis teen hul belastingaanspreeklikheid vir die jaar.
  3. Die korting is slegs beskikbaar vir sonpaneel installasies by persele wat hoofsaaklik vir huishoudelike doeleindes gebruik word en nie vir installasies by besigheidspersele nie.
  4. Individue sal ‘n bedrag gelykstaande aan 25% van die koste van die sonpanele kan eis, beperk tot R15,000 per individu.  Die maksimum voordeel word dus verkry waar sonpanele van R60,000 gekoop word.
  5. Slegs nuwe en ongebruikte sonpanele kwalifiseer vir die korting.  Dit kan as deel van ‘n nuwe stelsel geïnstalleer word of as ‘n uitbreiding van ‘n reeds bestaande stelsel.
  6. Slegs sonpanele met ‘n minimum kapasiteit van 275W per paneel kwalifiseer vir die korting.
  7. Die aansporingskema is nie op die volgende van toepassing nie:
    • Draagbare sonpanele (moet fisies geheg word aan die gebou),
    • Petrol of diesel aangedrewe kragopwekkers,
    • Batterye,
    • Wisselrigtoestelle / omkeerders (“inverters”),
    • Ander verwante toebehore,
    • Installasiekoste.
  8. Vir bewyslas doeleindes word ‘n sertifikaat van voldoening (“CoC”) vereis, wat in terme van
    elektrisiteit installasie regulasies uitgereik word. Dit is ook om veiligheid en regulasie voldoening te verseker.
  9. Die sonpanele moet deel vorm van ‘n stelsel wat gekoppel is aan die hoofkragtoevoer van die huishouding.
  10. Die korting geld op kwalifiserende sonpanele wat vir die eerste keer in gebruik geneem word vanaf 1 Maart 2023 tot 29 Februarie 2024.
  11. Om te kan eis, sal belastingbetalers die volgende dokumentêre bewyse aan SARS moet voorsien:
    • ‘n Belastingfaktuur wat die sonpaneel koste apart spesifiseer van die ander komponente van die stelsel,
    • ‘n Bewys van betaling (daar word aangeneem dat betaling voor of op 29 Februarie 2024 moet geskied),
    • ‘n Sertifikaat van voldoening (“CoC”) wat spesifiseer dat die stelsel vir die eerste keer in gebruik geneem is tussen 1 Maart 2023 en 29 Februarie 2024.
  12. Voorlopige belastingbetalers mag die korting in hul 2024 voorlopige belasting skattings (IRP6’e) in ag neem.
  13. T.o.v. residensiële verhuringseiendomme sal installasies wat deur die verhuurder of die huurder gedoen word kwalifiseer, maar slegs die party wat vir die installasie betaal, sal in aanmerking kom vir die korting.
  14. Deeltitelskemas en huiseienaarverenigings regspersone sal nie die korting kan eis nie.  Die Nasionale Tesourie het wel aangedui dat lede van genoemde regspersone dit moontlik sal kan eis, meer verdere konsultasie word rondom die punt benodig.
  15. As ‘n belastingbetaler sy/haar huis verkoop na installasie, sal daar geen verhaling wees vir inkomstebelasting doeleindes nie.  As panele binne 1 jaar na installasie apart verkoop word, sal daar wel ‘n verhaling wees, om misbruik van die skema te verhoed.

Dit is belangrik om te let dat die voorgestelde skema nog nie in wetgewing opgeneem is nie en onderhewig is aan publieke kommentaar, parlementêre goedkeuring en bekragtiging deur die president, voor dit inwerking tree.

So ook is daar nog baie vrae waaroor onsekerheid heers, soos bv. of ‘n getroude paartjie wat panele tuis installeer elk geregtig sal wees op ‘n R15,000 korting, indien die totale koste van die panele bv. R120,000 beloop?

Ons vertrou dat die Nasionale Tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens binnekort meer detail hieromtrent sal verskaf om oorblywende vrae en onsekerheid uit die weg te ruim.

Vir enige navrae, kontak gerus vir Petri Westraadt by pwestraadt@fhbc.co.za

Source Reference:

1) Nasionale Tesourie – 2023 Budget – FAQ’s Solar Panel Tax Incentive for Individuals
2) Maroela Media – 2022 – Die A tot Z van sonkrag by jou huis

 

PLEASE TAKE NOTE OF THESE LEGISLATIVE CHANGESTESTAMENT EN VOOG

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (5)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (109)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (117)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (96)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services