3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
LEWENSPOLISSE EN BOEDELBELASTING

LEWENSPOLISSE EN BOEDELBELASTING

0August 13, 2021August 13, 2021
By FHBCIn Estates and Trusts

Ingevolge Artikel 3(3)(a) van die Boedelbelastingwet word die opbrengs van sekere plaaslike lewenspolisse op die lewe van die oorledene as geagte bates vir boedelbelasting ingesluit.

Aangesien die opbrengs van hierdie polisse net na afsterwe betaalbaar word, word dit nie as ’n bate op datum van afsterwe beskou nie en dus nie by die likwidasierekening van die boedel ingesluit nie.  Iemand word egter deur die opbrengs van die lewenspolis bevoordeel en daarom word dit wel vir boedelbelasting in ag geneem.

Die volgende drie plaaslike lewenspolisse word nie as geagte bates vir boedelbelasting van die oorledene beskou nie:

  • ‘n Lewenspolis wat deur middel van ’n geregistreerde voor- of na-huwelikse kontrak geskenk word en verhaalbaar is deur die nagelate gade of ’n kind van die oorledene (Artikel 3(3)(a)(i)).  Die lewenspolis hoef nie ten tye van die sluiting van die huweliksvoorwaardekontrak te bestaan nie, maar die kontrak moet daarna verwys dat ’n lewenspolis wel uitgeneem sal word.  Aangesien Artikel 4q van die Boedelbelastingwet in elk geval voorsiening maak vir die aftrekking van enige voordele wat die nagelate gade van die oorledene ontvang, hou hierdie vrystelling groter waarde in vir kinders van die oorledene.
  • Koop- en verkoop ooreenkomste.  ‘n Lewenspolis wat deur die vennoot of mede-aandeelhouer van die oorledene uitgeneem word met die doel om die oorledene se belang of aandeelhouding in geheel of gedeeltelik in terme van ’n koop- en verkoopooreenkoms (Artikel 3(3)(a)(iA)) te bekom.  Om vir die vrystelling te kwalifiseer moes die oorledene nie die premies ten opsigte van die polis betaal het nie en die persoon wat die polis uitneem moet ‘n vennoot of ‘n mede-aandeelhouer ten tye van afsterwe wees.
  • Polisse nie betaalbaar aan die oorledene se boedel, afhanklikes, familielede of ‘n familiemaatskappy.  Die oorledene moes nie die premies ten opsigte van die lewenspolis betaal het nie (Artikel 3(3)(a)(ii)). ‘n Sleutelmanpolis is ‘n voorbeeld hiervan waar ’n maatskappy ’n lewenspolis op die lewe van ’n sleutel werknemer uitneem om finansiële verliese by die afsterwe van die werknemer, te beperk.

Indien ’n lewensversekeringspolis nie in terme van een van bogenoemde vrystellings vir boedelbelasting uitgesluit word nie, moet die boedelbelasting daarop deur die begunstigde van die opbrengs van die polis betaal word.

Alle premies wat egter deur die persoon wat die opbrengs van die polis ontvang het betaal was tot datum van afsterwe, plus 6% rente per jaar (Artikel 3(3)(a)), word vrygestel van boedelbelasting en kan dus afgetrek word van die opbrengs van die polis.  In die praktyk laat SARS wel saamgestelde rente op die premies toe.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za.

WITHOUT A PROPER TAX INVOICE, A BUSINESS CANNOT CLAIM INPUT TAX ON BUSINESS EXPENSESPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (112)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (33)
  • Office and Personnel
    (120)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (99)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services