3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
EKSEKUTEURSVERGOEDING EN BOEDELBATES BY HUWELIKE BINNE GEMEENSKAP VAN GOEDERE

EKSEKUTEURSVERGOEDING EN BOEDELBATES BY HUWELIKE BINNE GEMEENSKAP VAN GOEDERE

5July 13, 2021July 13, 2021
By FHBCIn Estates and Trusts

Ons het reeds in vorige artikels aangedui dat die Eksekuteursvergoeding waarop ‘n Eksekuteur geregtig is, deur Wetgewing gereguleer word en tans 3.5% (plus BTW) van die totale batewaarde van u boedel kan beloop.

Ons word redelik gereeld gekonfronteer met die Eksekuteursvergoeding wat van toepassing is in boedels van partye wat binne gemeenskap van goedere getroud is.

Die argument is dat die Eksekuteur in die boedel van partye wat binne gemeenskap van goedere getroud is, slegs geregtig behoort te wees op die helfte van die vergoeding wat bereken word op die totale waarde van die man en vrou se gemeenskaplike bates.

Neem egter kennis dat indien partye binne gemeenskap van goedere getroud is en die vrou as eerssterwende geen bates besit nie, sal 50% van die man se bates weens die huwelik binne gemeenskap van goedere, asook die vrou (oorledene) se 50% belang in alle bates in die boedel ingesluit word, m.a.w. die volle waarde van al die eiendom wat slegs deur die man besit word, word as bates in die vrou se boedel ingesluit.

Net so sal al die man se totale laste ook as eise in die vrou se boedel ingesluit word.

Die gevolg is dus dat die hele boedel onderhewig is aan Eksekuteursvergoeding, ten spyte van die feit dat die eiendom reeds in die man as langslewende se naam geregistreer was.  Die argument is dat die Eksekuteur met die totale gemeenskaplike boedel handel.  Die Eksekuteure hanteer en verklaar dus elke bate ten volle, selfs al is dit byvoorbeeld slegs geregistreer in die langslewende se naam.

Om hierdie rede is dit juis so belangrik om deeglike oorweging te skenk aan wie as Eksekuteur van u boedel moet optree.

Ons aanbeveling is dat die Eksekuteursvergoeding wat aan u Eksekuteur betaalbaar sal wees, reeds in u testament met die benoemde Eksekuteur onderhandel en ooreengekom behoort te word en dat u testament duidelik moet bepaal op watter vergoeding u benoemde Eksekuteur geregtig sal wees.

‘n Baie algemene gebruik wat in baie testamente in die mark voorkom, is om ‘n familielid tesame met ‘n buitestaander as Eksekuteur te benoem.  Die inhoud van die klousules waarin sodanige benoemings verskyn, behoort egter deeglik nagegaan te word om te verseker dat die buitestaander nie in terme van die bepalings van die testament in elk geval gemagtig word om die volle vergoeding wat in terme van wetgewing toegelaat word, te hef nie.

Die feit dat ‘n familielid dan tesame met ‘n buitestaander of instelling as Eksekuteur benoem word, hou dan geen voordele in met betrekking tot die Eksekuteursvergoeding wat betaalbaar sal wees nie.

Indien daar enige navrae is, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za of vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za

THE BASICS OF PROVISIONAL TAX ESTIMATES, PROVISIONAL TAX PENALTIES AND INTERESTPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (112)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (33)
  • Office and Personnel
    (120)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (99)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services