3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
WYSIGING VAN TRUSTAKTES EN REGTE VAN TRUSTBEGUNSTIGDES

WYSIGING VAN TRUSTAKTES EN REGTE VAN TRUSTBEGUNSTIGDES

0September 6, 2018September 6, 2018
By FHBCIn Estates and Trusts

fhbc_sept-rocketmailer_01_07Soos ons kortliks in die vorige maand se artikel bespreek het, is daar hoofsaaklik 3 wyses waarop die Trustakte of dan gedeeltes van die Trustakte gewysig kan word:

  • Wysiging terwyl die oprigter van die trust nog in lewe is
  • Wysiging ingevolge die bepalings van die trustakte
  • Wysiging deur ‘n hofaansoek

Kom ons gaan kyk egter meer breedvoerig na hoe sodanige wysigings die begunstigdes van die Trust raak en ook wat die regte van sodanige begunstigdes is.

Die trustees is na regte verplig om in die beste belang van die werklike en potensiële begunstigdes van die Trust op te tree.

Om dus die Trustakte of enige gedeelte van die dokument te wysig moet deeglik deur die trustees oorweeg word voordat enige wysigings geregistreer word.

In ‘n hofsaak in 1956 is bevind dat sodra ‘n begunstigde voordele van ‘n trust ontvang en aanvaar, word hy/sy geag ‘n party tot die oorspronklike ooreenkoms te wees en moet hy/sy dus ook ‘n party wees tot enige wysigingsooreenkoms.

Meesterskantore pas hierdie beginsel baie streng toe en met feitlik geen uitsondering, vereis die Meester bevestiging of begunstigdes voordele uit die Trust ontvang het en indien wel, word vereis dat sodanige begunstigdes ook partye tot die wysigingsooreenkoms moet wees.

In Maart 2017 het die Meester egter ‘n 2011 hofsaak gebruik om duidelikheid te gee oor die betrokkenheid van begunstigdes by ‘n trustakte wysiging of trust deregistrasie, en het die volgende werkswyse geïmplementeer soos per die Meester se direktief wat uitgereik is op 6 Maart 2017:

  • Indien die trustakte bepaal dat die begunstigdes betrokke moet wees by ‘n besluit om die trustakte te wysig of die trust te deregistreer, moet die trustees die begunstigdes by sulke besluite betrek.
  • Indien die trustakte spesifiek bepaal dat die begunstigdes nie verplig word om betrokke te wees by ‘n besluit om die trustakte te wysig of die trust te deregistreer nie, hoef die trustees nie die begunstigdes by sulke besluite te betrek nie.
  • Dikwels dui die wysigingsklousules van trustakte daarop dat trustees sekere bepalings van die trustakte nie mag wysig nie.  In sulke gevalle sal die trustees sonder toestemming van die begunstigdes enige ander wysigings tot die trustakte kan doen, behalwe die wysigings wat spesifiek uitgesluit word.  Hulle sal egter met die toestemming van die begunstigdes die wysigings-klousule kan wysig om te bepaal dat geen wysiging uitgesluit word nie.
  • As die trustakte swyg oor die betrokkenheid van die begunstigdes, maar die begunstigdes die voordele wat deur die trustinstrument toegeken is, aanvaar het, kan die trustakte slegs met die toestemming van die begunstigdes gewysig of beeïndig word.

Indien daar enige navrae is, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

VAT201 RETURNS: INPUT TAX – THE DEVIL IS IN THE DETAILPERSONEELNUUS

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services