3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
EKSEKUTEUR EN SY/HAAR PLIGTE

EKSEKUTEUR EN SY/HAAR PLIGTE

12June 6, 2016July 7, 2017
By Marius VorsterIn All Categories, Estates and Trusts

fhbc_blog_june_01‘n Eksekuteur is die persoon wat benoem word (normaalweg in terme van ‘n Testament) om die administrasie van ‘n boedel te behartig.

Indien ‘n persoon Intestaat (sonder ‘n geldige Testament) te sterwe sou kom moet daar ‘n ander proses gevolg word om ‘n Eksekuteur te benoem en aan te stel, maar ons sal die proses in ‘n volgende Artikel volledig bespreek.

‘n Eksekuteur wat volgens ‘n Testament benoem word, is egter ook nie by magte om voort te gaan met die administrasie van ‘n boedel of om enige inligting te bekom m.b.t. die waarde van die oorledene se bates nie alvorens hy nie formeel aangestel is nie.

Die benoemde Eksekuteur doen aansoek om aanstelling as Eksekuteur by die Meester van die Hoë Hof in die distrik waarin die oorledene woonagtig was.

Die volgende dokumentasie moet Oorspronklik aan die betrokke Meesterskantoor gelewer word om die Testament te registreer en dan die Eksekuteur formeel aan te stel:

  • Die oorspronklike Testament tesame met enige kodisille.
  • Inventaris van bates.
  • Aanneming van Eksekuteurskap in tweevoud tesame met ‘n gesertifiseerde afskrif van die benoemde Eksekuteur se identiteitsdokument.
  • Gesertifiseerde afskrif van die Sterftesertifikaat.

Die aanstelling is goedgekeur wanneer die Meester die Eksekuteursbrief uitreik en die eksekuteur is dan gemagtig om voort te gaan met die administrasie van die boedel.

Pligte van die eksekuteur

Die eksekuteur se pligte behels dan onder andere die volgende:

  • ‘n Kennisgewing moet in die Staatsdrukker asook ‘n koerant wat sirkuleer in die distrik waarin die oorledene woonagtig was, gepubliseer word, waarin krediteure versoek word om binne 30 (DERTIG) dae vanaf die advertensie-datum hul eise te bewys en aan die Eksekuteur van die boedel te lewer.
  • Waardasies van die billike markwaarde t.o.v. alle bates moet vir boedeldoeleindes verkry word.
  • Kapitaalwinsbelasting moet bereken word en Inkomstebelastingopgawes moet dan tot en met sterfdatum ingedien word.
  • Die oorledene se skulde moet vereffen word.
  • Boedelbelasting wat betaalbaar mag wees moet bereken en vereffen word.
  • ‘n Staat van bates en laste (die sogenaamde Likwidasie- en Distribusierekening) moet binne 6 (ses) maande vanaf die datum wat die Eksekuteursbrief uitgereik was, by die Meesterskantoor ingedien word.
  • Indien dit nodig mag wees, sal die Eksekuteur wel met deeglike motivering by die Meester kan aansoek doen vir ‘n verlenging van hierdie 6 (ses) maande tydperk.
  • Sodra die Likwidasierekening goedgekeur is, word ‘n finale kennisgewing in die Staatsdrukker asook ‘n plaaslike koerant geplaas, wat vir krediteure of enige ander party wat belang het by die boedel geleentheid gee om binne 21 dae vanaf die advertensie-datum beswaar aan te teken teen die inhoud van die Likwidasierekening.
  • Indien daar geen besware deur die Eksekuteur of die Meesterskantoor ontvang word nie, kan die Eksekuteur voortgaan met die verdeling van boedelbates en finale afhandeling van die boedel.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

PERSONEELNUUSACCOUNTING RECORDS REQUIRED FOR TAX PURPOSES AND RETENTION PERIODS

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (5)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (109)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (117)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (96)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services