Soos per die Deregistration_notice_22_April_2022 vanaf die Vergoedingskommissaris, word dit van enige werkgewer verwag om die Vergoedingsfonds (“Compensation Fund / CF”) in kennis te stel wanneer o.a. die volgende gebeur:
- Sodra ‘n entiteit ophou handel dryf.
- Sodra ‘n entiteit nie meer enige werknemers in diens het nie.
As ‘n werkgewer nie deregistreer by die CF nie, sal daar steeds ‘n geskatte aanslag uitgereik word en indien betalings nie gedoen word nie, sal boetes en rentes op die rekening gehef word.
Aangesien ’n deregistrasie by die CF ook ’n deregistrasie by die UIF vereis, word die onderstaande dokumentasie en inligting benodig:
- Deregistrasiedatum – datum waarop die laaste salarisse aan ‘n werknemer betaal is.
- Afskrif van gesertifiseerde Identiteitsdokument vir elke Direkteur/lid.
- Laaste twee jaar se salarisverslae.
- Volle name en Identiteitsnommer vir alle werknemers.
- Die laaste finansiële state van die entiteit – moet afgehandel en afgeteken wees tot op datum.
- Laaste EMP501 (rekon).
- Bevestiging van SARS PAYE deregistrasie – afgehandel en / of bewys van versoek om deregistrasie ingedien by SARS.
- Bevestiging van CIPC deregistrasie – waar die entiteit nie deregistreer by CIPC nie moet duidelike uiteensetting van redes op die entiteit se briefhoof geplaas en beëdig word.
- South African fixed property.
- Cash balances.
- South African timeshare.
- Some Employee scheme shares that not yet vested.
- Some Employee scheme options that have been granted within 5 years of the cease date.
Die hantering van hierdie proses word deur FHBC as diens gebied:
- Indien ons al die bovermelde dokumentasie ontvang sal ons die nodige op ‘n briefhoof insluit vir ondertekening:
- ‘n Volmag om aan FHBC toestemming te verleen om hierdie aangeleentheid namens die entiteit as werkgewer te hanteer.
- ‘n Verklaring wat die besonderhede van die deregistrasie bevestig, wat deur ‘n Direkteur / lid van die entiteit afgelê moet word by die naaste polisiestasie.
- Voltooiing van die CF-1C aansoekvorm.
- Voltooiing van die CF-2A (laaste twee jaar se salarisverslae).
- Ons sal ‘n staat vooraf versoek om te bepaal of daar enige uitstaande bedrae verskuldig is wat eers aan die CF betaal moet word voor die indien van die deregistrasie aansoek.
- Sodra al die inligting/dokumente gelys ingedien is by die CF word ‘n Escalation nommer geallokeer om die proses te kan opvolg.
- CF sal ook versoek indien daar dokumentasie addisioneel ingedien moet word of as dokumentasie verouderd is en die dokumentasie sal dan voorberei en ingedien word.
- Om seker te maak dat die deregistrasie so spoedig moontlik verloop, word daar deurentyd opgevolg en terugvoer gegee.
Let asseblief op die volgende:
- Alle verklarings en sertifisering moet onlangs wees en ingedien word voor die aanvaarde drie maande periode verby is.
- Alle inligting / dokumentasie moet korrek wees.
- Die proses van deregistrasie is tydsaam en kan tot en met twee jaar of selfs langer neem vir die deregistrasie om afgehandel te word.
Indien u hulp benodig of enige navrae het, kontak gerus vir Greer Jacobs by greer@fhbc.co.za
Source: Staatskoerant, 22 April 2022
