Op 30 April het ons van Michau Olivier (Rekeningkundige klerk) afskeid geneem. Ons het ook Vrydag 8 Mei van Tegan Fredericks (Rekenmeester) afskeid geneem. Ons beste wense vergesel beide Michau en Tegan.


Ons het op 4 Mei vir Annabele Hanekom (Junior Boekhouer), Marice Schuurman (Belastingvoldoeningsadministrateur) en Gerrit Calitz (Junior Regsadviseur) by die spanne verwelkom.
Ons sien met baie opwinding uit na ons spanbou van Dinsdag 19 Mei. Weens die onvoorspelbaarheid van die reën en die besluit geneem deur die WKOD om alle skole op Dinsdag 12 Mei te sluit, is ons spanbou van 12 Mei uitgeskuif met ‘n week. Ons sien uit daarna om Dinsdag 19 Mei saam met Dodgeball SA by die Wellington Indoor Sports Hub teen mekaar dodgeball te speel. Ons volgende nuusbrief sal fotos bevat.
