Tydens Oktober het ons ‘n omvattende benadering tot gesondheid gehad. Ons Gesondheidsmaand het Dinsdag 30 September met ‘n stap saam met die inwoners van Silwerkruin afgeskop, om personeel aan te moedig om aktief te wees.

Op Vrydag 3 Oktober was ons in groen gekleë ter ondersteuning van die Springbokke wat die volgende dag rugby gespeel het. Positiewe sosiale betrokkenheid en deelname is belangrik in ons maatskappy se kultuur.

Maandag 6 Oktober het die kollegas pienk aangeheg as deel van kankerbewustheid. Die personeel het ook die res van die week pienk lintjies gedra om te wys dat ons empatie het met persone wat ‘n stryd teen kanker voer.

Op 15 Oktober het kollegas lagterapie ondergaan. Kollegas het springmielies ontvang en ‘n 30 minute komiese video gekyk. Die ouditorium te Hugenote Kollege was verseker die regte venue vir hierdie groot lekkerte.

10 en 17 Oktober het kollegas “mental wellness” tyd afgekry. Ons kantore het albei Vrydae om 13:00 gesluit. Personeel was aangemoedig om die tyd te gebruik om hulself te bederf of iets te doen om te ontspan.


Op 20 Oktober het personeel ‘n gesonde happie ontvang. Die bloubessies en ButtaNutt bederfie was baie goed ontvang.

Op 27 Oktober was die mediese versekering praatjie deur Momentum Health4Me aangebied.

Basedag was op 16 Oktober. Ons is baie dankbaar vir ons direkteure wat met toewyding en deurdagte besluite ons maatskappye suksevol bestuur. Die direkteure was bederf met ‘n uitstappie na Mila te Doolhof Wine Estate, Wellington. Heerlike charcuterie-styl platters was as ligte voorgereg met aankoms beskikbaar, waarna hulle van die top wyne kon proe. Terwyl hulle ‘n paar vragies beantwoord het, die natuurskoon kon waardeer en die samesyn kon geniet, was daar smaaklike burgers voorberei. Die middag was darem ook met ‘n soetbederfie afgesluit.

Op Vrydag 17 Oktober was Michelle Swanepoel (Rekenmeester) met ‘n kombuistee verras. Michelle, voorspoed vir die laaste tydjie tot julle troue later in November.

Woensdag 5 November vier ons die verjaarsdae van die laaste groep kollegas. Ons volgende nuusbrief sal foto’s van die feesvieringe bevat.
