VIR PRIVAATMAATSKAPPYE (Geregistreer na Mei 2011)
- CoR 14.3 – Registrasiesertifikaat
Hierdie dokument word uitgereik by registrasie van die maatskappy en toon besonderhede soos:
- Registrasienaam
- Registrasienommer
- Geregistreerde adres
- Finansiële jaareinde
- Direkteure se besonderhede (soos op datum van registrasie)
- CoR 15.1A / 15.1B (Unieke vorm) – Akte van Oprigting (MOI)
- Die CoR 15.1A-vorm (standaard MOI) word uitgereik by registrasie van ’n standaard CIPC-geregistreerde privaatmaatskappy.
- ’n Maatskappy kan ook kies om ’n CoR 15.1B (unieke MOI) op te stel wat dan aangepas word volgens die maatskappy se spesifieke behoeftes. Die maatskappy kan dus met ’n unieke MOI geregistreer word.
- CoR 39 – Direkteursverandering
Word uitgereik by aanstelling, bedanking of verandering van direkteure.
- CoR 44 – Ouditeur of Maatskappysekretaris verandering
Word uitgereik by aanstelling, bedanking of verandering van die ouditeure / maatskappysekretaris van die maatskappy
- CIPC verslag (“CIPC Disclosure”)
’n Opsomming van huidige en historiese besonderhede, soos direkteure en geregistreerde adres. Hierdie dokument kan enige tyd by CIPC aangevra word.
- Aandeelsertifikate en Aandeelregister
Elke privaatmaatskappy (uitgesluit nie-winsgewende maatskappye (NPC’s)) moet aandeelsertifikate uitreik aan aandeelhouers en ’n aandeelregister byhou wat aandui wie aandele in die maatskappy bekom het en wanneer dit bekom was.
VIR BESLOTE KORPORASIES
- CK1 – Stigtingsverklaring
Die oorspronklike dokument waarmee die Beslote Korporasie geregistreer word.
- CK2 – Gewysigde Stigtingsverklaring
Wysigings aan lede, bydraes of ander Beslote Korporasie-besonderhede.
- CK2A – Rekeningkundige Beampte
Aanstelling of bedanking van die Beslote Korporasie se rekeningkundige beampte.
- CIPC verslag (“CIPC Disclosure”)
’n Opsomming van huidige en historiese besonderhede, soos lede en die geregistreerde adres. Hierdie dokument kan enige tyd by CIPC aangevra word.
- Ledebelang-register
’n Beslote Korporasie het nie aandeelhouers of ’n aandeelregister nie, maar wel ’n ledebelangregister wat aandui watter lid ’n sekere persentasie ledebelang in die Beslote Korporasie besit.
Onthou om u maatskappy of Beslote Korporasie se statutêre dokumentasie altyd met die nuutste inligting op te dateer, sodat u dokumentasie op datum bly. Indien u bystand benodig met die opdatering van u besigheid se statutêre rekords, kontak gerus vir Arné Bester (arne@fhbc.co.za) of skakel ons kantoor by 021 864 5180.