Woensdag 15 Mei was ons potjiekos spanbou. Ons venue was die Agri-Expo buitelugsentrum by Hoër Landbouskool Boland. Die personeel was in spanne verdeel. Elke span het dieselfde basiese bestanddele ontvang, ‘n bedrag geld en die opdrag dat die tema volgens hulle voorkeur uitgebeeld kon word. Die wenspan was “Wol en Wildernes” met hulle Marokaanse potjie. Kort op hulle hakke was “Here-it-ish” gevolg deur “AffiePlaas”. Dankie aan al die personeel wat met soveel entoesiasme die spanbou aangedurf het.


Eben van Rhyn (Rekenmeester) en Hestia het Saterdag 17 Mei getrou. Ons mooiste wense vergesel hulle met hul huwelik.
Veels geluk aan Amber September (Junior Debiteurebeampte) met haar verlowing aan Phil Farmer op 17 Mei. Ons vertrou dat die tyd van voorbereiding tot hulle troudag baie voorspoedig sal wees.

Anchen Rabie (Junior Rekenmeester) se laaste dag van diens is 11 Junie 2025. Elaine Breet (Administrateur: Bestorwe Boedels, Trusts en Testamente) se laaste dag is 30 Junie 2025. Ons beste wense vergesel vir Anchen en Elaine.

Maandag 16 Junie is ‘n vakansiedag. Op Vrydag 13 Junie is ons kantore gesluit om vir die personeel ‘n ekstra-lang-langnaweek te gee.