3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
HOE GEMAAK MET ‘N VRUGGEBRUIK EN U HARDE KONTANT?

HOE GEMAAK MET ‘N VRUGGEBRUIK EN U HARDE KONTANT?

1May 12, 2025May 12, 2025
By FHBCIn Estates and Trusts

‘n Vaste eiendom is presies dit, ’n vaste bate.  Kontantfondse is reeds in ’n likiede vorm, wat die risiko van verduistering baie groter maak.

Vruggebruik is die reg tot die gebruik van ‘n bate sonder eienaarskap.  Blooteienaarskap is eenvoudig eienaarskap sonder die gebruiksreg, oftewel vruggebruik.

Die vruggebruiker in die geval van kontantfondse, neem besit daarvan, maar onderhewig aan die verpligting om dit in dieselfde hoeveelheid of waarde met beëindiging van die vruggebruik, aan die blooteienaar te oorhandig.  Indien die vruggebruik lewenslank was en dus met die afsterwe van die vruggebruiker beëindig word, moet die bate uit die boedel van die vruggebruiker aan die blooteienaar oorhandig word.

Die vraag is nou, in wie se naam word die kontantfondse belê en watter tipe belegging is in beide die vruggebruiker en blooteienaar se beste belang.

In Hart v Hart (2453/2024) in die Wes-Kaapse Hooggeregshof, was die addisionele testamentêre bepalings van die spesiale bemaking met betrekking tot die vruggebruik aan die nagelate gade, deur die Hof bekragtig en kon die nagelate gade die vaste eiendom waaroor sy ‘n vruggebruik ontvang het, verkoop en die opbrengs belê.  Die hof het verder beslis dat die nagelate gade die belegging van die opbrengs uit die verkoping van die vaste eiendom deur die Eksekuteurs moet goedkeur, maar dat goedkeuring nie onredelik weerhou kan word indien die belegging van so ’n aard is dat die kapitaal ten beste en in die belang van die nagelate gade bewaar word.

Die spesiale bemaking klousule van die testateur, waarna hierbo verwys word, het soos volg gelees: “I wish for my wife, Margaret, to enjoy the full usufruct of all my assets upon my death.  She may dispose of any assets and invest the proceeds in any other asset that she wishes with the proviso that the Executor/s of my estate approve of the investment, which approval shall not be unreasonably withheld.  The purpose of this proviso is to ensure as best as possible that the capital is preserved.  However, the comfort and well-being of my wife, Margaret, is to be the utmost considered criterion by my executor/s.”

Risiko sal altyd daar wees, hetsy of die vruggebruiker of blooteienaar die kontantfondse belê of nie.  Dit is dus raadsaam om die praktiese uitvoering van die pligte van die eksekuteur, vruggebruiker en blooteienaar reeds in u testament aan te spreek.

Alternatiewelik, kan ’n ooreenkoms tussen die vruggebruiker en blooteienaar by gebrek aan voldoende testamentêre bepalings, aangegaan word om die praktiese uitvoerbaarheid van die vruggebruik aan te spreek.

’n Testamentêre Trust kan moontlik ook ’n oplossing bied deurdat die Trustees die kontantfondse in die trust in ontvangs neem en in die beste belang van die inkomstebegunstigde (vruggebruiker) en kapitaalbegunstigde(s) beheer en bestuur.  Die trustakte word in die testament vervat en gee aan die inkomstebegunstigde (vruggebruiker) die reg om die inkomste wat deur die kapitaal van die kontantfondse gegenereer word, te gebruik en daaruit voordeel te trek.  Die blooteienaarskap van die kapitaal van die kontantfondse bly by die trust, en die trust se kapitaalbegunstigdes is diegene wat uiteindelik die bates sal ontvang, oftewel erf.

Kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za met enige navrae.

TAX EMIGRATION: WHAT IT REALLY TAKES TO BREAK TIES WITH SARS?PERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (110)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (118)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (97)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services