3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
HOE WORD VERBANDE OOR DIE EIENDOM VAN ’N OORLEDENE HANTEER EN HOE BEÏNVLOED DIT DIEGENE WAT AGTERBLY?

HOE WORD VERBANDE OOR DIE EIENDOM VAN ’N OORLEDENE HANTEER EN HOE BEÏNVLOED DIT DIEGENE WAT AGTERBLY?

3August 5, 2024August 5, 2024
By FHBCIn Estates and Trusts

Met die opstel van ’n testament word daar soms te veel fokus geplaas op hoe u bates moet vererf en oorskadu dit ’n baie belangrike komponent van boedelbeplanning: Hoe die skuld in u boedel hanteer moet word indien u te sterwe sou kom.

Verbande geregistreer oor onroerende eiendom:

‘n Verband word oor onroerende eiendom geregistreer as sekuriteit vir ‘n lening wat deur die oorledene aangegaan is tydens die aankoop van die eiendom.  Die verband moet afgelos word voordat die eiendom aan die erfgenaam oorgedra kan word.  Indien daar ‘n bestaande verband oor die oorledene se eiendom is, moet daar bepaal word of die oorledene lewensdekking gehad het, wat gebruik kan word om die uitstaande lening te vereffen.

Indien daar geen lewensdekking in plek is om die skuld te delg nie, sal die eksekuteur die situasie moet aanspreek.  Die eksekuteur en/of die erfgenaam het die volgende opsies tot hulle beskikking:

  • Indien daar nie voldoende fondse in die boedel is nie en die erfgenaam nie die nodige kontant het, of nie kwalifiseer om die verband oor te neem nie, sal die eiendom verkoop moet word om die boedelskuld te vereffen.  Enige oorblywende opbrengs uit die verkoop, nadat die verband en ander boedelkoste en-laste vereffen is, sal dan die erfgenaam toekom.
  • Indien die boedel nie genoeg fondse het om die verbandkostes te vereffen nie en die erfgenaam wil graag die eiendom behou sal hy/sy die verband moet afbetaal of verbandgoedkeuring kry om ‘n nuwe verband oor die eiendom te laat registreer wanneer die eiendom aan die erfgenaam oorgedra word.
  • Indien daar genoeg fondse in die boedel is om die uitstaande skuld op die eiendom te dek, kan die verband afgelos word en daarna aan die erfgenaam oorgedra word.

’n Verdere vraag kan gevra word: Wat gebeur met ‘n verband teen ‘n eiendom in gesamentlike besit as een eienaar sterf? 

Wanneer ‘n mede-eienaar van ‘n eiendom waaroor ‘n verband geregistreer is sterf en sy/haar aandeel in die eiendom word diensooreenkomstig die testament se bepalings aan die oorlewende mede-eienaar oorgedra, sal die oorlewende mede-eienaar verbandgoedkeuring vir die volle uitstaande verbandkostes moet kry.  Die oorlewende mede-eienaar sal dan ten volle verantwoordelik wees vir die vereffening van die verband.

Indien die oorlewende mede-eienaar nie verbandgoedkeuring kry nie, sal die eiendom verkoop moet word om die uitstaande verbandkostes te vereffen en sal die oorlewende mede-eienaar net geregtig wees op die helfde van die totale opbrengs nadat die uitstaande verbandkostes vereffen is.  Die ander helfde sal die oorledene mede-eienaar se boedel toekom.  Juis om hierdie rede is dit van kardinale belang dat lewensdekking uitgeneem word op beide eienaars aangesien dit kan help om ‘n deel van die verbandkostes te dek in die geval van ‘n mede-eienaar se dood.

Ons kan dus nie genoeg beklemtoon hoe belangrik dit is om voldoende boedelbeplanning te doen om seker te maak dat die skuld in u boedel ook aangespreek word om te voorkom dat u u geliefdes/besigheidsvennoot in ’n moeilike finansiële posisie plaas.

Vir kundige advies en hulp aangaande u boedelbeplanning kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za, Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of vir Elaine Breet by elaine@fhbc.co.za

SARS 2024 FILING SEASON AND AUGUST PROVISIONAL TAX FRENZYPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services