3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
OORWEGINGS OM PROBLEME IN U TESTAMENT TE VOORKOM

OORWEGINGS OM PROBLEME IN U TESTAMENT TE VOORKOM

1July 6, 2026July 7, 2026
By FHBCIn Estates and Trusts

Die doel van  ʼn testament is om beheer van u boedel te verkry vir ‘n prakties uitvoerbare verdeling daarvan en om voorsiening vir die noodsaaklike versorging van diegene wie u agterlaat, te maak.

Oorspronklik getekende testament
Maak seker dat u oorspronklike getekende testament veilig bewaar word deur ‘n betroubare persoon of instansie, aangesien ‘n afskrif van ‘n testament nie as ‘n geldige testament beskou word nie en ‘n afskrif daarvan slegs deur middel van ‘n hofaansoek bekragtig kan word. Dit is dus raadsaam om ten minste twee testamente oorspronklik te teken, waarvan een deur uself bewaar kan word en die ander een deur u Eksekuteur.  Meeste instansies vra ’n bewaringsfooi, maar FHBC sal u testament gratis in veilige bewaring hou.

Herroeping/Kansellasie van vorige testamente
U laaste testament moet alle vorige testamente, kodisille en ander testamentêre geskrifte wat u afsonderlik of gesamentlik voor die datum van u laaste testament verly het, herroep en kanselleer, anderins word u laaste testament saamgelees met u vorige testament(e).  Dit is egter belangrik dat u laaste testament aan al die formaliteite van ‘n geldige testament voldoen vir die herroepingsklousule om geldig te wees.

Wie nie ‘n voordeel uit ‘n testament mag ontvang nie
Persone wat nie ‘n voordeel uit ‘n testament mag ontvang nie is enige persoon wat ‘n testament as getuie onderteken (behalwe as twee verdere getuies geteken het), enige persoon wat ‘n testament onderteken, enige persoon wat ‘n testament of deel daarvan namens die testateur skryf en die gade van enige van die voormelde persone.

Bekwaamheid van die Eksekuteur / Aanstelling van ’n Agent
In gevalle waar ‘n persoon egter nie oor die nodige kennis, kundigheid en ondervinding beskik om ‘n boedel kragtens die Boedelwet te beredder nie, kan die Meesterskantoor daarop aandring dat ‘n persoon wat kwalifiseer om die bereddering van die boedel namens die Eksekuteur te behartig, as Agent onder volmag van die Eksekuteur aangestel word.

Eksekuteursvergoeding
Eksekuteursvergoeding waarop die Eksekuteur van u boedel geregtig is, word deur Wetgewing gereguleer en beloop tans 3,5% (Plus BTW) van die totale batewaarde van u boedel.  Eksekuteursvergoeding kan egter met die opstel van u Testament met u benoemde Eksekuteur onderhandel word en die ooreengekome tarief behoort dan in die Testament omskryf en vasgestel te word.

Sekuriteit deur die Eksekuteur / Borgakte
Die persoon wat aansoek doen om as Eksekuteur van ‘n boedel aangestel te word, moet sekuriteit vir die bates in die boedel aan die Meester lewer vir die behoorlike uitvoering van sy/haar pligte.  Hierdie persoon kan weens sy/haar status en finansiële posisie hom- of haarself persoonlik verbind om sekuriteit te lewer, maar die Meester is huiwerig om dit so te aanvaar en verkies dat ‘n versekeringsmaatskappy eerder ‘n borgakte vir die nodige sekuriteit uitreik.  Meeste testamente bevat egter ‘n klousule in terme waarvan die Eksekuteur vrygestel word van die lewering van sekuriteit aan die Meester en sal die Meester dan gewoonlik afstand doen van die vereiste.

Legaat bemakings en Adempsie
Dit kan gebeur dat u ‘n bate (legaat) wat u in u testament spesifiek aan ‘n persoon of instansie bemaak, voor u afsterwe vervreem deur dit byvoorbeeld te verkoop of te skenk en die betrokke bate dus ten tye van u afsterwe nie meer in u boedel bestaan vir u erfgenaam om ontvangs daarvan te neem nie.

Die regsterm vir hierdie beginsel is adempsie, ‘n stilswyende herroeping van ‘n legaat waar ‘n testateur of testatrise vrywillig die legaat gedurende sy of haar leeftyd vervreem sodat die legaat van geen waarde is en dus verval.

Alhoewel dit in sommige gevalle voor die hand liggend is, kan dit soms onduidelik wees of ‘n gegewe verandering in die legaat waarna daar in die testament verwys word, adempsie tot gevolg het.  In gevalle soos hierdie is howe geneig om te kyk na die bedoeling van die testateur of testatrise sodat bepaal kan word of die erfgenaam steeds, ten spyte van ‘n verandering in die legaat wat bemaak was, ontvangs daarvan kan neem.

‘n Uitsondering op die beginsel van adempsie sou wees as dit uit die testament blyk of selfs ook uit ekstrinsieke getuienis, dat die testateur of testatrise nogsteeds bedoel het om die erfgenaam spesifiek te bevoordeel.  In so ‘n geval kan die erfgenaam geregtig wees op die opbrengs van die verkoping van die legaat of die bate waarmee die aanvanklike legaat vervang was.

Testamentêre Trusts
Minderjarige kinders (onder die ouderdom van 18 jaar) kan nie bates direk erf nie en enige bemakings aan sodanige erfgename sal betaalbaar sal wees aan die Meester se Voogdyfonds vir bewaring totdat die erfgename meerderjarige ouderdom bereik.

Een van die beste maniere om minderjarige kinders, gestremdes of bejaardes te beskerm, is deur ʼn testamentêre trust.  Hierdie trust tree eers in werking wanneer u sterf en vorm deel van u testament wat dan ook as trustakte sal dien.  U kan die trustees benoem wat u wil aanstel om na die begunstigdes se daaglikse behoeftes om te sien en hul geldsake te bestuur.

ʼn Testament kan ook volwasse kinders se erfenis beskerm in die geval van egskeiding of insolvensie, mits die testament korrek opgestel is.

Alternatiewelik, kan u van ’n bestaande en geskikte inter vivos familietrust gebruik maak.

Voogde
Dit is uiters noodsaaklik en in die beste belang van u minderjarige kind(ers) dat u ‘n persoon of persone van u keuse nomineer om as voog(de) van u kind(ers) aangestel te word, asook ‘n persoon of instansie om u kind(ers) se erflating in ’n testamentêre trust te belê en te bestuur.  Laasgenoemde kan die voog(de) ook wees, maar dit word aanbeveel dat die voog(de) ten minste deur ‘n onafhanklike party, as trustee, bygestaan word om risiko’s te beperk.

In u testament kan u dan ook die ouderdom bepaal waarop u kind(ers) die verantwoordlikheid sal hê om die kapitaal van die erflating te ontvang.  Hulle (of hulle voogde indien hulle nog minderjarig is) sal geregtig wees om inkomste uit die trust te ontvang, maar die kapitaal of balans daarvan word behou totdat die kind(ers) die ouderdom wat kragtens die Testament bepaal word, bereik.

Egskeiding/Nietigverklaring
Die Wysigingswet tot Wysiging van die Erfreg 43 van 1992, gee aan ‘n persoon drie maande na ‘n egskeiding om sy/haar testament te verander sodat sy/haar vorige gade (van wie hy/sy geskei is) nie erf nie asof hy/sy voor hom/haar te sterwe gekom het.  Indien hy/sy na drie maande nie sy/haar testament verander het nie, sal dit aanvaar word dat dit sy/haar bedoeling was dat sy/haar vorige gade moet erf indien wel in die testament as erfgenaam benoem.

Adiasie / Repudiasie (by samesmelting)
Adiasie en repudiasie is begrippe wat gewoonlik geassosieer word met die samesmelting van die boedels van twee persone met die afsterwe van die eersterwende, onderhewig aan ’n beperkte reg ten gunste van die langslewende.  Wanneer ‘n testament voorsiening maak vir samesmelting of gedeeltelike samesmelting, het die langslewende steeds die keuse om die bepalings van die testament na die afsterwe van die eersterwende, te aanvaar (adiasie) of te verwerp (repudiasie).  Indien die langslewende repudieer, behou beide partye hul wettige onverdeelde aandeel, maar die langslewende kan egter nie enige voordele uit die eerssterwende se gedeelte kragtens daardie testament erf/eis nie.

Blooteienaarskap / Vruggebruik
Die persoon aan wie die bate(s) toegeken word en wat uiteindelik onbeperkte eienaarskap van die bate(s) verkry staan bekend as die blooteienaar en die persoon aan wie die beperkte reg (vruggebruik) verleen word, staan bekend as die vruggebruiker.  Die blooteienaar verkry normaalweg onbeperkte eienaarskap van die bate(s) nadat die vruggebruiker te sterwe gekom het, maar in sommige gevalle kan die vruggebruik ook vir ‘n bepaalde termyn geskep word en na verstryking van die termyn verkry die blooteienaar dan onbeperkte eienaarskap.

Fidusiêre belang / Fideicommissum
‘n Fidusiêre belang is die belang wat ‘n erfgenaam (die fiduciarus) in ‘n bate verkry.  Dis nie dieselfde as vol eienaarskap nie, want die fidusiêre belang het beperkte regte.

’n Fideicommissum is wanneer eiendom aan ‘n erfgenaam (die fiduciarius) bemaak word onderhewig daaraan dat die volle eiendomsreg in die eiendom, soos wat dit aanvanklik deur die fiduciaris ontvang was, aan ’n volgende erfgenaam (die fideicommissarius) oorgaan by die aanbreek van ‘n bepaalde tydstip (soos bv op datum van afsterwe van die fiduciarius) of by die vervulling van ‘n bepaalde voorwaarde.

‘n Fideicommissum residui is wanneer eiendom aan ‘n erfgenaam (die fiduciarius) bemaak word onderhewig daaraan dat dit wat daarvan oorbly aan ’n volgende erfgenaam (die fideicommissarius) oorgaan by die aanbreek van ‘n bepaalde tydstip (soos bv op datum van afsterwe van die fiduciarius) of by die vervulling van ‘n bepaalde voorwaarde.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za.

VAN SKOENDOOS-ADMINISTRASIE NA SARS-GEREED: WAAROM DIGITALE REKENINGKUNDE NOU ’N NAKOMINGSNOODSAAKLIKHEID ISPERSONEELNUUS

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

Categories:

  • Accounting Services
    (19)
  • Administration and Secretarial Services
    (21)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (9)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (123)
  • Human Resource Management
    (32)
  • Legal
    (35)
  • Office and Personnel
    (132)
  • Payroll Processing and Administration
    (8)
  • Tax Compliance and Administration
    (109)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET WEST

  • Olive Grove Industrial Estate, Grove Business Park, Block H, Ground floor, Unit 2, Off Ou Paardevlei Road, The Interchange, 7310
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services