3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
U TESTAMENT… EN WAT NOG BY U AFSTERWE BESKIKBAAR MOET WEES

U TESTAMENT… EN WAT NOG BY U AFSTERWE BESKIKBAAR MOET WEES

1February 2, 2026February 2, 2026
By FHBCIn Estates and Trusts

Ons praat gereeld oor die belangrikheid van ’n korrekte, geldige en prakties uitvoerbare Testament wat nie uitgestel moet word nie.

Dit is egter nie al wat by tye van u afsterwe beskikbaar moet wees nie en kyk ons nou na wat nog nodig sal wees vir die rapportering en bereddering van u boedel ten einde onnodige vertragings en weglatings te voorkom.

Ons naasbestaandes het selde insae in ons persoonlike dokumente en maak hulle staat op die toeganklikheid en beskikbaarheid daarvan wanneer ons nie meer self daar is nie. Daarom is dit belangrik dat u ’n vertroueling aanwys wat weet waar u persoonlike dokumente gehou word.

Hierdie dokumente sluit onder andere die volgende (soos van toepassing) in:

  • Oorspronklik getekende Testament, Lewende Wilsverklaring en Brief van Wense. Indien u slegs afskrifte het, moet die besonderhede van waar die oorspronklik getekende dokumente bewaar word daarop aangeteken word. Dit is ook raadsaam om die kontak besonderhede van u Eksekuteur daarop aan te teken indien dit nie reeds daarin vervat word nie.
  • Oorspronklike identiteitsdokument.
  • Oorspronklike huweliksertifikaat en huweliksvoorwaardekontrak.
  • Egskeidingsbevel en -ooreenkoms.
  • Boedelbesonderhede van vooroorlede gades (Afskrif van sy/haar identiteitsdokument, sterftesertifkaat, testament, likwidasie- en distribusierekening en besonderhede van wie sy/haar boedel beredder het).
  • Oorspronklike Titelaktes van vaste eiendomme waaroor verbande reeds in die Aktekantoor gekanselleer was. Andersins ’n staat, of die besonderhede van die verband (bv rekeningnommer) en instelling waar die verband gehou word. ‘n Verband kan afgelos (nul) wees, maar nie noodwendig gekanselleer nie en dan word die Titelaktes steeds deur die betrokke instelling gehou.
  • Oorspronklike motorvoertuig registrasiesertifikate, of indien daar steeds ’n uitstaande huurkooptransaksie ten opsigte van ’n voertuig is, dan ’n staat of die besonderhede van die huurkooprekening (bv rekeningnommer) en instelling.
  • Oorspronklike vuurwapenlisensies.
  • Oorspronklike aandeelsertifikate of state van aandeelhoudings wat reeds in elektroniese formaat omgesit is en/of in ’n makelaarsrekening gehou word.
  • State/besonderhede van u polisse, bankrekeninge en beleggings.
  • Kontakbesonderhede van u finansiële beplanner.
  • Lys van debietorders met besonderhede van die instansies en afbetalingsooreenkomstes.
  • Besonderhede van waardevolle items soos versamelstukke, antieke meubels, kunswerke, ens.
  • Huurkontrakte, inkomstestate en besonderhede van bestuursagente.
  • Persoonlike finansiële state en finansiële state/besonderhede ten opsigte van belange (ledebelange, aandeelhoudings of leningsrekeninge) in maatskappye of trusts.
  • Munisipale rekeninge, heffingsrekeninge en afbetalingsooreenkomste.
  • SARS inkomstebelastingopgawe/aanslag en die besonderhede van die persoon/instansie wat u belastingnakoming hanteer.
  • State/besonderhede van uitstaande rekeninge.
  • Enige ander inligting of dokumente waarvan u Eksekuteur kennis moet neem.

U naastebestaande(s)/vertroueling(e) kan die dokumente na u afsterwe met u sterftesertifikaat aan u genomineerde Eksekuteur oorhandig om die nodige te doen.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za.

UNDERSTANDING LEAVE ENTITLEMENT WITH THE BIRTH OF A CHILDPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (18)
  • Administration and Secretarial Services
    (20)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (8)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (119)
  • Human Resource Management
    (31)
  • Legal
    (34)
  • Office and Personnel
    (127)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (104)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET WEST

  • Olive Grove Industrial Estate, Grove Business Park, Block H, Ground floor, Unit 2, Off Ou Paardevlei Road, The Interchange, 7310
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services