Woensdag 5 November het ons die verjaarsdae van die laaste groep kollegas gevier. Met ‘n kleurvolle tema was die personeel met wafels, roomys en “toppings” bederf.
Op Vrydag 7 November was Elizma Bazquez (Rekenmeester) met ‘n babatee verras. Ons as kollegas is opgewonde saam met hulle oor die koms van hulle dogtertjie.
Op 13 November het ons ‘n Xero geleentheid by Corlie’s Restaurant aangebied. Positiewe terugvoer was ontvang vir die inhoud van die opleiding en praktiese advies was gedeel om Xero al hoe meer effektief te kan benut.
Agtien kinders woonagtig by Andrew Murray Kinderhuis is met ‘n Santa Shoe Box bederf. Ons is dankbaar om deel te kon wees van hierdie mooi inisiatief.
Vrydag 5 Desember was ons Jaareindfunksie by Soetendal Venue. Die tema was Skitter en Glans en die personeel het behoorlik volgens die tema aangetrek. Tydens hierdie funksie het ons ook die baie spesiale voorreg gehad om personeel te vereer vir o.a. 10-jaar, 15-jaar en 25-jaar diens. Ons Nuusbrief van Januarie sal ‘n paar fotos insluit.
Verder het ons nog opwindende nuus gedeel deur aan te kondig dat Joanine Steyn voortaan ‘n Direkteur van FHBC Payroll Services (Pty) Ltd is. Ons is baie trots op Joanine en die pad wat sy reeds met FHBC gestap het. Ons sien uit na nog baie jare saam met haar as deel van die direksie. Die eerste feesviering was Donderdag 4 Desember by Villamar en die amptelike aankondiging aan al die personeel was op Vrydag 5 Desember by die jaareindfunksie.
Vanaf 1 Desember het FHBC Consultants Namibië (Pty) Ltd se kantore geskuif. Vind ons gerus voortaan by Rooibokstraat 66, Finkenstein Landgoed, Windhoek, Namibië. Ons volgende nuusbrief sal ‘n paar foto’s bevat.
Vanaf Maandag 15 Desember is ons kantore gesluit. Ons vertrou dat almal veilig sal reis en die welverdiende ruskans sal geniet.
