3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
KIES U EKSEKUTEUR REG!

KIES U EKSEKUTEUR REG!

0November 3, 2025November 3, 2025
By FHBCIn Estates and Trusts

Die probleme wat onervare eksekuteurs teëkom wanneer hulle onafhanklik as eksekuteurs wil optree sonder die hulp van ‘n professionele administrateur, is gewoonlik te wyte aan ‘n gebrek aan kennis en ervaring in ‘n veld wat ingewikkeld is en spesifiek so indien die benoemde eksekuteur nie spesialiseer in die administrasie van boedels nie.

Om kostes te spaar benoem baie kliënte ‘n familielid as eksekuteur, wat waarskynlik goeie finansiële kennis het en moontlik ook suksesvol sy eie besigheid en finansies kan bestuur.

Hierdie benoemde persoon(e) poog dan om die familie na die beste van sy/haar vermoë by te staan as ‘n finale respekvolle daad teenoor ‘n geliefde, maar omdat hy/sy net eenvoudig nie oor voldoende kennis en blootstelling in die vakgebied beskik nie, uiteindelik die boedel aan ‘n professionele administrateur moet oorhandig.  Dit lei uiteraard tot onnodige vertragings, vermorste koste en ongerief vir krediteure en erfgename.

In sommige gevalle maak dit egter sin om ‘n vertroude en verantwoordelike familielid as eksekuteur te benoem, maar dit moet met die duidelike verstandhouding wees dat die familie-benoemde eksekuteur ‘n geskikte professionele persoon sal identifiseer en op bevredigende voorwaardes as agent sal aanstel om die administrasie van die boedel namens hom/haar te behartig.

Die vergoeding van die agent kan in hierdie gevalle onderhandel word op grond van die kompleksiteit en waarde van die boedelbates.  Groter boedels met slegs ‘n handjievol groot bates (bv. groot trustleningsrekeninge) sal waarskynlik wesenlik baat vind by laer administrasiefooie, eerder as om vanselfsprekend gehef te word op die volle statutêre fooi (tans 3.5% van die totale batewaarde plus 15% BTW) waarop ‘n professionele administrateur, as benoemde eksekuteur, in die meeste gevalle geregtig sou wees.

Alhoewel die Meester toegelaat word om die eksekuteur se vergoeding te verminder (of te verhoog) indien daar spesiale redes of omstandighede is, is daar geen waarborg dat die betrokke fooie wel verminder sal word in gevalle waar die werkslading byvoorbeeld nie die fooi regverdig nie.

Soos in vorige artikels vermeld is die aanstelling van ‘n professionele fidusiêre praktisyn as eksekuteur prakties ‘n beter opsie en na ons mening nie onderhandelbaar in gevalle waar die administrasie van die boedel waarskynlik tot geskille sal lei, of waar begunstigdes in opponerende familie-groepe verdeel is.

In sulke omstandighede sal dit voordelig wees om van die begin af ‘n eksterne eksekuteur aan te stel, wat die administrasie van die boedel met ‘n objektiewe, onpartydige en bekwame wyse sal benader.

Ons stel gewoonlik voor dat ‘n professionele fidusiêre praktisyn wat spesialiseer in die administrasie van boedels as eksekuteur, of ten minste as mede-eksekuteur, benoem word en dat die eksekuteursvergoeding vooraf en gebasseer om die tipe bates en waarde van die bates onderhandel word en in die kliënt(e) se testament(e) vasgemaak word.

Rig gerus enige navrae aan Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za of Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za

PERSONEELNUUSMASTER YOUR BUSINESS CASH FLOW FOR SUCCESS

Categories:

  • Accounting Services
    (17)
  • Administration and Secretarial Services
    (20)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (7)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (116)
  • Human Resource Management
    (30)
  • Legal
    (34)
  • Office and Personnel
    (124)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (101)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET WEST

  • Olive Grove Industrial Estate, Grove Business Park, Block H, Ground floor, Unit 2, Off Ou Paardevlei Road, The Interchange, 7310
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services