Op Woensdag 3 September het ons Administrative Professionals Day gevier! Ons het ook op Vrydag 26 September HR Professionals Day gevier.
Op Donderdag 4 September was die Afsluiting en sertifikaatoorhandiging vir die persone wie vanaf Januarie 2025 die Resultate deur Mense opleiding bygewoon en suksesvol voltooi het. Die kursus was deur Joubert en Genote aangebied. Die kursusgangers, direkteure en bestuurders het die afsluiting by Paardeberg Wynkelder bygewoon.
Vrydag 5 September was Loslitdag! Die tema genaamd “Beyond the label” was op verskeie kreatiewe maniere uitgebeeld. Die eksterne beoordelaars het ‘n uitdagende taak gehad om te bepaal aan wie die wisseltrofeë vanjaar oorhandig kon word. Met punte baie naby aan mekaar was die Dream Team ‘n opeenvolgende jaar as die wenners aangewys.
Ook op Vrydag 5 September was verjaarsdaggroep 3 se feesviering. Die tema genaamd Heerlike lente was uitgebeeld en die personeel kon saam eet en die samesyn geniet.
Op Dinsdag 30 September het ons van Tyron Kidson (Rekenmeester) afskeid geneem. Ons beste wense vergesel Tyron met sy loopbaan vorentoe.
Vanaf 3 Oktober 2022 was ons kantore te Crossfire Place, Paardevlei. Vanaf 1 Oktober 2025 is ons by die volgende adres te vinde: Grondvloer, Eenheid 2, Blok H, Grove Besigheidspark, Ou Paardevlei-pad, The Interchange, Somerset-Wes, 7310. Kom besoek ons gerus.
Louisa Craig (Administratiewe Beampte) en Greer Jacobs (COIDA & UIF voldoeningsbeampte) sluit gedurende Oktober by ons spanne aan.
Ons Gesondheidsmaand het Dinsdag 30 September met ‘n stap saam met die inwoners van Silwerkruin afgeskop. Ons volgende nuusbrief sal o.a. foto’s van ons aktiwiteite gedurende Gesondheidsmaand insluit.