3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
WAT IS BOEDELONTLEDING EN WAAROM IS DIT BELANGRIK (DEEL 2)

WAT IS BOEDELONTLEDING EN WAAROM IS DIT BELANGRIK (DEEL 2)

0September 1, 2025September 1, 2025
By FHBCIn Estates and Trusts

Die primêre doelwit van boedelbeplanning is om ‘n koste-effektiewe plan te skep wat ooreenstem met wat ‘n kliënt by sy afsterwe wil bereik. ‘n Totale prentjie van die kliënt se persoonlike omstandighede moet in ag geneem word wanneer ‘n plan oorweeg word wat relevant is vir die kliënt.

Ons het in ‘n vorige artikel opsommend gaan kyk na die belangrikste doelwitte en in hierdie artikel bespreek ons kortliks die volgende verdere oogmerke wat met ‘n boedelplan bereik moet word:

Skenkingsbelasting: Skenkingsbelasting word gehef teen 20% op die bedrag van die skenking, of 25% op die bedrag waarmee die skenking R30 Miljoen oorskry. Daar is ‘n jaarlikse vrystelling van R100 000-00 op die totale bedrag van die skenking.  Hier moet veral gelet word op die tipiese leningsrekeninge wat deur Trusts verskuldig is wat onderhewig kan wees aan skenkingsbelasting indien die rente wat op die leningsrekening betaalbaar is, teen ‘n laer koers gehef word as SARS se amptelike rentekoerse. Skenkings hou ook nie net verband met fisiese bedrae wat geskenk word nie, maar sluit ook in die vervreemding van eiendom teen ‘n waarde laer as markwaarde. ‘n Eiendom as boedelbate kan dus nie teen ‘n laer waarde as markwaarde aan ‘n erfgenaam, familielid of eintlik enige derde partye verkoop word nie, want sodanige transaksie kan dan ‘n skenking impliseer en onderhewig wees aan skenkingsbelasting.

Hereregte: Vererwing van enige onroerende eiendom is nie onderhewig aan hereregte nie, daar is wel oordragskostes op die oordrag van die eiendom uit die boedel aan die erfgenaam betaalbaar, welke koste ‘n administrasiekoste vir die boedel is. Indien die eiendom uit die boedel verkoop word, sal die transaksie wel onderhewig wees aan hereregte, wat deur die koper betaalbaar sal wees.

Inkomstebelasting: Dit is belangrik dat inkomstebelastingopgawes en met ander woorde u belastingsake op datum gehou word, aangesien uitstaande belastingaspekte ‘n groot uitdaging vir ‘n Eksekuteur kan wees om ten tyde van afsterwe op datum te bring. Vroeër jare was daar net vereis dat belastingopgawes tot sterfdatum voltooi moet word, maar onlangse wysigings in wetgewing bepaal dat die boedel ook as belastingpligtige geregistreer moet word en dat belastingopgawes ook na sterfdatum tot en met afhandeling van die boedel voltooi en ingedien moet word.

Boedelbeplanning moet ook nie gesien word in isolasie met ‘n kliënt se finansiële beplanning en aftreebeplanning nie en moet die kliënt se huidige finansiële posisie, sy finansiële posisie in die geval van afsterwe en sy uiteindelike behoeftes in geheel na gekyk word.

Dit is dus ook belangrik om seker te maak dat daar voldoende voorsiening gemaak word vir dekking vir kritieke siekte of werksongeskiktheid en ook dat daar genoegsame voorsiening gemaak word vir die onderhoud en versorging van ‘n nagelate gade.

Kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za of vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za met enige navrae.

BEWARE OF THE LATEST TAX RELATED SCAMSPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (7)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (114)
  • Human Resource Management
    (29)
  • Legal
    (33)
  • Office and Personnel
    (122)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (101)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services