Op 2 Julie was ons tweede verjaarsdaggroep se partytjie. Die tema was Desert Disco en ons kon aan heerlike nachos smul. Dankie aan die span vir die tref van die reëlings!

‘n Paar personeelskuiwe het plaasgevind. Op 7 Julie het Lee-Anne Arnolds as Junior Boekhouer by ons span aangesluit. Op 16 Julie het Lieschen de Waal as Rekenmeester by ons begin. Angelique Joubert (Rekeningkundige klerk) se laaste dag van diens was 17 Julie. Ritka Kotzé (Rekenmeester) se laaste dag van diens was 31 Julie. Op 1 Augustus het ons vir Samantha van Niekerk as Administrateur: Bestorwe Boedels en Testamente verwelkom.
18 Julie het ons ‘n Madibadag gemeenskapsprojek gehad. Die personeel was aangemoedig om enige oortollige items in hulle huis (klere, breekware, linne, boeke, ens) te skenk. Ons het ‘n baie groot aflewering van die skenkings aan Ons Winkel te Fonteinstraat 11a in Wellington gemaak. Dankie aan elke kollega wat 67 minute spandeer het om items uit te soek sodat ons ‘n skenking kon maak.

Twee van ons kollegas, Whitney Johannes (Junior Boekhouer) en Nadima Krein (Rekeningkundige klerk) verwag dogtertjies. Foto’s van Whitney se babatee op Vrydag 25 Julie is onder ingesluit. Nadima se babatee se foto’s sal in ons volgende nuusbrief verskyn.

Ons is baie trots op Dawfré Theron (Rekeningkundige bestuurder) wat as finalis by Xero se Rising Star kategorie aangewys is. Die toekenningsaand is 12 Augustus en Dawfré het verseker ons stem!

Saterdag 9 Augustus is Vrouedag. Op Vrydag 8 Augustus gaan die dames ter viering van Vrouedag met ‘n ontbyt bederf word. Ons volgende nuusbrief sal ook van hierdie foto’s insluit.